Voorneme bestaan om meer somergewasse aan te plant

  • 06 November 2020
  • 1739
  • nuus



Kommersiële mielieproduksie

Volgens die komitee dui beskikbare syfers aan dat produsente van voorneme is om 1,686 miljoen hektaar witmielies aan te plant, wat 69 800 hektaar (4,32%) meer is as in die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die verwagte aanplantings 1,060 miljoen hektaar, wat 65 400 hektaar (6,58%) meer is as in die vorige seisoen.

Oliesade aanplantings

Sonneblomsaad se verwagte aanplantings word op 480 500 hektaar beraam, wat 3,96% of 19 800 hektaar minder is as die 500 300 aangeplante hektaar van die vorige seisoen.

Die voorgenome sojaboon-aanplantings toon ’n toename van 11,46% of 80 800 hektaar, vergeleke met die vorige seisoen.

Die verwagte aanplantings van grondbone gaan met 1,33% of 500 hektaar, van 37 500 hektaar tot 38 000 hektaar, toeneem.

Ander somergewasse

Die voorgenome aanplantings van sorghum sal na verwagting met 4,24% of 1 800 hektaar toeneem in vergelyking met die vorige seisoen.

In die geval van droëbone, word die verwagte aanplantings op 54 650 hektaar beraam, wat 8,97% of 4 500 hektaar meer as in die vorige seisoen is.

* Die voorlopige oppervlakteskatting vir somergewasse vir 2021 sal op 28 Januarie 2021 bekend gemaak word.