Vuil vuiler Visrivier

  • 05 November 2021
  • 1157
  • nuus



Volgens ʼn verklaring wat deur Agri Oos-Kaap uitgereik is, sal die bevel die Chris Hani-distriksmunisipaliteit dwing om dringende stappe te doen om die huidige situasie reggestel word. Tans vloei onverwerkte rioolvuil in Cradock regstreeks in die Visrivier en probleme word by verskeie watersuiweringsaanlegte in dié distriksmunisipaliteit ervaar.

Rioolbesoedeling dra straks by tot veevrektes

Netwerk24 het vroeër vanjaar berig dat daar kommer bestaan dat die invloei van onverwerkte rioolvuil moontlik verband hou met veevrektes in die distrik.

Volgens Agri Oos-Kaap dra die unie kennis van die veevrektes, maar kan daar nie onomwonde gesê word dat dit as gevolg van die besoedeling is nie. Die unie meen wel dat hy regstappe sal oorweeg as daar nie daadwerklike optrede gedoen word om die storting te stuit nie.

Brent McNamara, uitvoerende hoof van Agri Oos-Kaap, sê in die uitgereikte verklaring dat die unie intussen ingegryp het nadat van sy lede kommer uitgespreek het oor die gevolge van die riool storting op landboubedrywighede stroomaf.

McNamara vertel voorts dat ʼn ondersoek ter plaatse in Cradock getoon het dat riool by minstens ses plekke in die Visrivier invloei terwyl vyf pompstasies en gepaardgaande watersuiweringsaanlegte wanfunksioneel is. Die ondersoek het ook getoon dat riool by byna elke mangat al langs die rioolstelsel uitlek, terwyl riool by sommige van dié mangate uitborrel en ʼn stroom na die rivier vorm.

* Die resultate van hierdie ondersoeke sal deel uitmaak van die dokumentasie wat op 25 November in die hof sal dien.