Wagyu wen gesogte beesvleiskompetisie

  • 17 Desember 2021
  • 1195
  • nuus



Die beesvleis se geur, sappigheid, sagtheid, algehele smaak en marmering is beoordeel met ʼn negepuntskaal wat deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) se sensoriese-analiselaboratorium ontwikkel is.

Volgens Dewald Olivier, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, was die gehalte van die vleis wat vir die 2021-kompetisie ingeskryf is “ongelooflik” en hy het sy trots teenoor PRWC en die Wagyu-ras in Suid-Afrika uitgespreek.

Olivier sê dat die vereniging nie voorkeur gee aan enige spesifieke dier of ras nie. Voerkrale koop die beeste aan wat die beste aan hul vereistes voldoen. Produsente wat aan die kompetisie deelneem kry gratis inligting van die UV om vir hulle te verduidelik wat die eienskappe van hul beesvleis is.

Volgens prof Arno Hugo, ʼn diere-, vleis- en voedselwetenskapkundige by die UV, was PRWC se beesvleis die beste graangevoerde en algehele wenner in die kompetisie. Die vleis was van ʼn F1-Wagyu-kruising.

* Die beste veldvleis was van ʼn Afrikaner wat deur Boshoff Afribeef ingeskryf is. Dit is algeheel derde geplaas.