Wees deel van die Senwes 110-jaar Integrasie-Ekspo




Daar sal ook paneelgesprekke wees oor hoe om die Senwes Integrasiemodel tot jou voordeel te gebruik, met temas wat wissel van finansies, insette en marktoegang met bekende fasiliteerders soos Corné Kruger (Senwes Groep Hoof Finansiële Beampte), prof. Johann Kirsten (Direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch) en Theo Vorster (Galileo Capital).
Tydens hierdie sessies sal daar talle uitvoerende bestuurders en besturende direkteure binne die groep asook bekendes in landboukringe, soos Thabo van Zyl, Tom van Rooyen, Nico Liebenberg asook Danie Minnaar en AC van Wyk,  ook hulle insette uit ‘n produsentoogpunt lewer.

Boonop gaan al die Senwes besigheidseenhede ook uitstallings by die ekspo beman, waar besoekers meer oor hulle dienste en produkte kan leer asook hoe om in te skakel by die Senwes Integrasiemodel.


Groot nuus is ook dat die boerevereniging met die hoogste bywoningsyfer by die Ekspo sal kan kwalifiseer vir ‘n kontantprys van R10 000, geborg deur Senwes Equipment. Toegang is gratis - so dagboek hierdie datums onmiddellik.  Besoek die skakel http://senwes.co/expo2019 om aanlyn te RSVP.

Die verwelkoming begin reeds om 09:00 en middagete sal om 13:45 bedien word.







Verwante Artikels

Ontmoet die nuwe BD van Hinterland

Senwes Scenario het met die nuut aangestelde Besturende Direkteur van Hinterland, Daan Bronkhorst, gesels.

Tussentydse Resultate met Francois Strydom

Senwes Scenario het by Senwes se Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, gaan inloer om die interim resultate breedvoerig te bespreek.

Verander Taal

English