Artikels

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/12/next-scene.jpg

In die volgende Scenario

2019 loer al vir ons oor die bult en met dit fokus ons op Tegnologie en Innovasie. Kersfees 2018 is op hande waar Senwes HUB, Francois Strydom asook Danie Minnaar, Senwes Voorsitter van die Direksie hul Kersboodskappe met die produsente en landbougemeenskap deel.

Lees Meer

http://media.senwes.co.za/Global/images/Scenario/News/2017/09/slim.jpg

Digitale Media - Teken in of mis die bus

As jy graag in pas wil bly en jou vinger op die pols wil hou van wat in die wêreld van landbou en die Senwes Groep per se aangaan, moet jy beslis op ons nuusbriewe inteken.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/12/expo.jpg

Wees deel van die Senwes 110-jaar Integrasie-Ekspo

Die Senwes 110-jaar Integrasie-Ekspo vind op 29 en 30 Januarie 2019 te Nampo Park plaas. Soos tydens die 2017 Senwes Equipment Ekspo, sal daar opwindende voorleggings en demonstrasies van John Deere en JCB wees, asook van die wêreld se voorste implementhandelsmerke.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/senwes/articles/2018/12/press_release.jpg

Goeie graanvloeie verseker ses-maande resultaat

Senwes, een van die grootste landboubesighede in Suid-Afrika, het sy tussentydse finansiële resultate vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2018 aangekondig. Die groep het ‘n wins na belasting van R156 miljoen afgelewer, wat 6,8% hoër is as die vorige jaar. Genormaliseerde wesensverdienste het met 0,7% na 98,5s per aandeel verhoog.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/11/standerton.jpg

"Kom toets ons uit" - Senwes Grainlink Standerton

Die nuwe streeksgraanbemarkingsadviseur in die area is die Parys-gebore Neil Kemp, wat die voortou neem sedert Senwes in Augustus vanjaar by hierdie gebied inbeweeg het.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/11/baking.jpg

Peer-en pekanneutkoek

Dit is aan te bevele om nié hierdie koek te maak nie. Wanneer jou mense dit eers geproe het, gaan hulle jou verpes om dit vir elke geleentheid en ook vir sommer net die lekker te maak. Dit is ongesond lekker.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/11/thought.jpg

Wees deel van die denkpot van die toekoms

Hoe klink dit? Om jou denke in ‘n pot saam te smelt waar uitstekende opleiding lei tot ’n ontploffing in die sukses van jou boerdery en personeel. Om letterlik ’n leier in elke personeellid teweeg te bring. Dit is die gedagte waarmee ek gelaat is na ek met dr René Uys, Direkteur van Thinking Fusion AFRICA, gesels het. Sy het saam met Jannie de Villiers, HUB van Graan SA, die gehoor tydens die eerste sessie van die 2018 Senwes Toekomsfokus by Nampo Park toegespreek.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/11/Elize.jpg

Dit gaan alles oor die kliënt se behoeftes.

Senwes Credit se Bestuurder: Landboufinansiering, Elize Jordaan, is nie bang om ’n paar vellies aan te trek en saam met ’n kliënt deur sy lande te loop om oplossings te bespreek vir sy besigheid nie.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/11/2feedlot.jpg

Finansiële aspekte van voerkrale

n Voerkraal gebruik diere om karkas of vleis as eindproduk te produseer en dus waarde te vermeerder. Die wins, soos in enige onderneming, word deur die insetkoste van die produksieproses en inkomste van die eindproduk(te) bepaal. Hierdie proses het verskeie biologiese en fisiese produksiefaktore, asook ekonomiese en prysfaktore wat gedurig fluktueer en wat die risiko veroorsaak.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2018/11/1produsent.jpg

Vat jou goed en bly in landbou... Ferreira

Die Afrikaanse liedjie lui, Vat jou goed en trek Ferreira. Maar dit is nie die geval by hiérdie Ferreira′s nie. Senwes Scenario het by Senwes produsent Piet Ferreira gaan inloer.

Lees Meer