Op die kort termyn het reënvaltoestande verswak vir veral die eerste tot middelste deel van Meimaand, aldus Johan van den Berg, ʼn onafhanklike landbouweerkundige. Dit volg nadat aanvanklike voorspellings redelike hoeveelhede reën en bewolkte toestande getoon het.
Lees Meer
Weermodelle dui tans aan dat die La Niña -stelsel nog tot April en selfs Mei verantwoordelik kan wees vir gemiddelde tot bogemiddelde reën oor die somerreëngebied.
Die kans op 50 mm reën of selfs meer bly hoog oor die sentrale tot noordoostelike dele van die land en volgens Johan van den Berg, ʼn onafhanklike landbouweerkundige, kan dié vooruitsig tot en met volgende week duur.
Net soos C. Louis Leipoldt, meen boere in die Boesmanland en dele van die Karoo dat Oktober inderdaad die mooiste, mooiste maand is. Dit volg nadat onlangse neerslae die beste vir die maand van Oktober was sedert 1996.
Johan van den Berg, ʼn onafhanklike landbouweerkundige, meen die oostelike dele van die land kan teen middel van Oktober die eerste goeie somerneerslae verwag. Hy maan landbouers egter dat die winter nog nie sy einde bereik het nie.
Dit is nog lank nie tyd om jou reënjas en waterstewels weg te pak nie, aldus die onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg.
Desember sal na alle verwagting ʼn gunstige maand vir landbou in die somergraangebied wees, danksy die effek van die sterk La Nina-stelsel.
Alhoewel Suid-Afrika tans ʼn La Nina-stelsel en gunstige see-oppervlaktemperature in die Indiese Oseaan ervaar, is dit nie duidelik wanneer die reënseisoen in alle erns sal begin nie.
Thys Grobbelaar, Senior Graanmarkanalis by Senwes Grainlink is van mening dat die laat reëns wat nou val steeds ‘n baie groot verskil aan die oes kan maak omrede die seisoen uiters laat begin het, party streke tot selfs ‘n maand later as normaalweg.