Die skuif na landboutegnologie




Die meerderheid van die toonaangewende maatskappy het op hierdie manier tot stand gekom: IBM, U.S. Steel, General Electric, Walmart en Ford is maar ’n paar voorbeelde. Vandag se besigheidsrealiteit is egter baie anders. Ons leef in ’n wêreld van bytes – en vir die eerste keer het tegnologie en besigheid bymekaar uitgekom op ’n wyse waarop data baie meer waardevol is as fisiese, tasbare voorwerpe. Die duidelikse wyse waarop dit geïllustreer kan word, is die manier waarop die mark besigheid aanslaan.

Dit is duidelik uit die uiteensetting op die vorige bladsy dat maatskappye soos Apple, Amazon en Microsoft tradisionele toonaangewende maatskappye wat fisiese dinge bou, uitgeskuif het. Tegnologie gebruik konnektiwiteit, netwerkeffekte, nagebootste intelligensie en ongekende skaal om globale platforms te skep waarmee dit amper onmoontlik is om te kompeteer.

VERSNELDE TEGNOLOGIESE VORDERING

Wanneer dit by tegnologiese vordering kom, is die tempo van verandering besig om meer en meer te versnel. Elke jaar bring meer omvattende nuwe tegnologiese vordering as die vorige jaar en sodra die eksponensiële “hokkiestok” inskop, sal innovering teen ’n ongelooflik pas versnel.

Dit is interessant dat daar ’n addisionele gevolg van versnelde verandering is wat meer van toepassing is op die besigheids- en ekonomiese wêreld. Dit is nie net die spoed van verandering wat versnel nie, maar om verskeie redes is markte in staat om vinniger aan te pas by nuwe tegnologie:

Nuwe produkte genereer miljoene gebruikers binne slegs ’n paar maande en die speletjie Pokémon Go dien hier as interessante voorbeeld van hierdie potensiaal. Die speletjie het die 50 miljoen gebruikermerk binne slegs 19 dae behaal, wat ’n oogknip is in vergelyking met voertuie (62 jaar), die telefon (50 jaar) of kredietkaarte (28 jaar). Nuwe tegnologie word teen ’n toenemend vinniger pas versnel - en word teen rekordspoed deur die markte aanvaar. Dit is dus veilig om te sê dat die toekoms ons teen ’n verblindende spoed nader

LANDBOU EN TEGNOLOGIE = AGTECH

Die interessante vraag is wat hierdie geweldige vordering vir landbou beteken. Om die beste van ’n boerderybesigheid te maak was altyd ’n uitdaging, maar hedendaagse boere staar omstandighede in die gesig wat ’n nuwe vlak van moeite en besorgdheid vir hul besigheid dikteer, soos veranderende weerpatrone en die beskikbaarheid van bewerkbare grond.

Soos wat uitdagings moeiliker raak, trek boere voordeel uit tegnologiese vordering ten einde boerdery-aktiwiteite te optimaliseer. Deere was nog altyd in ’n noue vennootskap met die boer om die gebruik van tegnologie op die plaas te bevorder en oor tyd het dit duidelik geword dat klante toenemend meer insig moet verkry ten einde hul behoeftes aan te spreek. Baie partye buite die sfeer van boerdery is moontlik nie bewus daarvan dat Deere al vir baie jare in toonaangewende tegnologie belê nie. “Outomatisering, nagebootste intelligensie en opleiding op masjinerie is ’n paar belangrike tegnologies aspekte waarop ons fokus ten einde ’n ontwikkelende en meer effektiewe plaas te bou”. Dit is volgens John Stone: Senior Visepresident van John Deere. John Deere en sy netwerk van agente, soos Senwes, streef daarna om toonaangewende tegnologie te gebruik vir die oplossing van probleme en om geleenthede te skep om te verseker dat hul klante die mees winsgewende en volhoubare produsente in die wêreld sal wees. Ons beweeg van groter, vinniger en sterker masjiene na oplossings wat meer geoutomatiseerd, makliker en meer noukeurig is. Ons bewys ook dat die stelling van “Nothing Runs Like a Deere,” uitgebrei kan word na “Nothing Thinks Like a Deere”.

VERWYSINGS:

The 8 Major Forces Shaping the Future of the Global Economy https://www.visualcapitalist.com/the-8- major-forces-shaping-the-future-of-theglobal-economy/ John Stone: Driving Digital Farming at Deere https://www.cta.tech/News/i3/ Articles/2018/November-December/ John-Stone-Driving-Digital-Farming-atDeere.aspx?sf97323769=1.