Digitale Media - Teken in of mis die bus




Daar is 'n paar wat reeds 'n groot aantal intekenaars het en dit is ons werk om seker te maak dat jy weet wanneer om waar te wees ten einde te baat uit al die nuusbriewe.

Die eerste een wat 'n absolute moet is, is die nuutontwerpte eScenario. Hierdie nuusbrief, wat voorheen tweemaandeliks uitgestuur is, het nou verander in 'n weeklikse opdatering van wat in die sektor gebeur. Dit word elke Vrydag aan intekenaars gestuur en is kort, op die punt af en volgeprop met die nuutste artikels wat ook in die gedrukte weergawe van die Senwes Scenario verskyn. Dit is ook die maatskappy se belangrikste voertuig waardeur belangrike nuus aan ons klante en rolspelers in die sektor gebring word.

Tweede op die lys is die Hinterland Promosies e-posnuus, wat nuus versprei oor ongelooflike spesiale aanbiedings en winskopies ten opsigte van 'n wye reeks produkte wat insluit Dieresorg, DIY, Kampeer- en Buitemuurse toerusting, Wapens en Ammunisie, Klere en Skoene, Tuin, Swembad en Patio, Besproeiing en Huishoudelik. Dit word aan die begin van elke maand aan intekenaars gestuur.

Derdens beveel ons aan dat jy inteken op die nuusbrief wat alle inligting oor die maatskappy se resultate bevat. Dit bevat al die korporatiewe verslae van Senwes en Senwesbel, sowel as kennisgewings van die algemene jaarvergaderings.

Om te sien op watter nuusbriewe jy tans ingeteken is of om op enige van bogenoemde in te teken, die nuusbrief subskripsieblad