Hinterland deel van jaarlikse skietdag




Op dié dag word op die 100 m, 200 m sowel 300 m baan geskiet. Die dag beloof om ‘n uitdaging te wees met ‘n groot verskeidenheid teikensoorte waarna geskiet sal word. Elke skut sal ‘n totaal van 15 rondtes vir die dag benodig.
 
Afdelings waarin daar pryse te wen sal wees is as volg: Seniors, Ope, Dames, Junior Randslag, Junior Windgeweer en Junior Jaggeweer.
 
Daar het in die verlede al ‘n totaal van 120 skuts deelgeneem en daar word gepoog om al die omliggende dorpe ook te betrek sodat daar ten minste 200 skuts op die dag kan meeding. Enige persoon met ‘n jaggeweer kan inskryf. Die baan is ook so beplan dat dit die speelveld redelik gelyk sal maak tussen skuts van alle vlakke.
 
Die inskrywingsfooi vir die dag sal R300 wees vir vroeë inskrywings, wat tot en met 20 Augustus aanvaar sal word. Daarna, tot op die skietdag op 27 Augustus, sal die koste R350 per skut beloop. Hierdie pryse sluit nie die braaipakkie vir die dag in nie. Skuts moet wel bewus wees van die feit dat indien hulle nie bly vir die prysuitdeling nie, hulle hul pryse sal verbeur. Daar is ook weggesteekte pryse en gelukstrekkings, wat beteken dat enige persoon 'n prys op die dag kan  wen. ‘n Snoepie sal braaipakke te koop aanbied.
 
Vir meer inligting kan ‘n e-pos aan bhvskiet@gmail.com gestuur word of anders kan u Christo Roux (Voorsitter) by 082 926 4366 of CP Scheepers (Sekretaris) by 079 717 3830 skakel.