In die volgende Senwes Scenario Oestyd-uitgawe




In die Oestyd-uitgawe van 2019 uitgawe van Senwes Scenario fokus ons op die immergewilde Nampo Oesdag wat reeds vanaf 14 Mei plaasvind. Dit is ook gedurende die tyd dat Senwes op 15 Mei ‘n volle 110 jaar oud word. Die areafokus laat die kollig hierdie keer vierkantig op Standerton val waar ons op Senwes produsent Edzard Biermann fokus. In die areafokus rakende die gebied praat ons onder andere met Senwes Grainlink streeksgraanbemarkingsadviseur, Neil Kemp wat sedert 2018 daar sake bedryf.

Ons plaas ook interessante artikel wat die produsent van hulp kan wees met Hinterland Diereoplossingsbestuurder, Phillip Lee wat oor die uitdagings van oorwintering berig. Senwes Groep Uitvoerende Bestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Martin van Zyl bespreek voedselnaspeurbaarheid al langs die waardeketting met Senwes se Senior Agronoom en Landboukundige Ekonoom, Petrus van Staden en Boet van Zyl wat wenke vir die boer het rondom herfs en vroeë winter. Dan is daar ook artikels oor hittespanning en vleisbeesproduksie, mikotoksienerisiko in ru-voer en kuilvoer asook die uitbreiding van die Senwes se “Vir die Boere”- veldtog wat op hoender en melkprodusente gekus het, en vele wat nog op die spyskaart is.

Van kos gepraat, as nagereg kan u uitsien na ‘n lekker Klapper/Sjokolade/Koffiekoek-resep en sommer ook so Senwes se 110 jaar vier. Koffie se aroma is ook in die lug waar ons berig oor Brüder Coffee Roastery wat pas hulle geur by Senwes Hoofkantoor versprei het waar Senwes ook so plaaslike besighede ondersteun.

Ons fokus op silobouprogramme deur die jare, ‘n paar krediethoogtepunte van die verlede asook Senwes Spinners krieketontwikkelingsprogram se 2019-reeks wat vir lekker aksie gesorg het. Dan het ons ook Dipsie, die 2018 Koeikampioen by die 2018 Hinterland Interraskampioenskappe gaan besoek en met haar eienaars Chris en sy seun Pieter Oelofse in Lichtenburg gesels.

Vir hierdié en nog talle meer interessanthede, kyk uit vir die volgende uitgawe van Senwes Scenario wat julle, ons gewaardeerde klante, in April sal ontvang. En indien jy nog nie ingeteken het op hierdie gratis tweemaandelikse uitgawe nie, besoek gerus die scenario weblad