Koring nou ook deel van Groei vir Goud-kompetisie

  • 24 Junie 2021
  • 1674
  • nuus



Dié opbrengskompetisie, wat verlede jaar deur Graan SA van stapel gestuur is, is enig in sy soort en sluit die produksie van mielies, koring, sonneblom en sojabone in. Belangstellende produsente kan regstreeks op die webblad of deur hulle saadmaatskappye inskryf.

Meer oor die kompetisie

Die opbrengskompetisie bied aan produsente die geleentheid om die opbrengspotensiaal onder soortgelyke produksie-omstandighede, vir spesifieke streke, met mekaar te vergelyk en om mee te ding.

In ʼn poging om die onderskeie kategorieë so vergelykbaar moontlik te maak, het Graan SA, in samewerking met GeoTerra Image, saadmaatskappye en ander kundiges, verskeie kategorieë vir koring opgestel, waaronder:

  • Vrystaat Oos-en Wes-reënstreke;
  • Besproeiing noordelike streek;
  • Besproeiing suidelike streek;
  • Wes-Kaap hoëreënvalstreek;
  • Wes-Kaap laereënvalstreek; en
  • Wes-Kaap gemiddelde reënvalstreek.

Die gebruik van wettige insette en/of produksiepraktyke wat die opbrengs kan verhoog, word toegelaat. Insette is egter onderworpe aan die volgende regulasies:

  • Kultivars moet geregistreer wees onder die Plantverbeteringswet;
  • GMO’s moet geregistreer wees vir algemene gebruik in Suid-Afrika;
  • Alle landbouchemikalieë en kunsmis moet geregistreer wees vir gebruik onder Wet 36 van 1947; en
  • Alle saad moet SANSOR-gesertifiseerd wees.

Vir meer inligting kontak 086 004 7246 of stuur ʼn e-pos aan luzelle@grainsa.co.za.