Nasie in Gesprek gaan Bos – Bosbou hierdie keer onder bespreking




In die ateljee gesels aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie met die uitvoerende hoof van PG Bison, Gerhard Victor asook met die direkteur van navorsing en beskerming van Bosbou Suid-Afrika, Ronald Heath.

Ons sien ook uit om jou deur die res van die 13-weke lange reeks te lei wat handel oor beet, Nampo Oesdag, koring, katoen, pekanneute en sitrus. Dit word weekliks, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET gebeeldsend, van nou af tot en met 27 Junie 2019.

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.