Nasie in Gesprek kyk na Politieke Perspektiewe Na Die Verkiesing




In die gees van die gesprek was die konsensus dat Suid-Afrikaners ‘n gemeenskaplike uitkyk moet hê rakende watter tipe Suid-Afrika hulle wil hê, en dat alle landsburgers, ongeag ras, geslag of ouderdom saam na dieselfde doelwit moet streef.

Theo Venter het genoem dat die onlangse verkiesing verseker sekere tendense uitgelig het soos “lojaliteit en pramatisme, daar was baie min steun vir die snaakse en narpartye,” het Theo gesê. Theo Venter het ook gesê dat geskiedenis al aangedui en bewys het dat stemtendense oor generasies heen skuif en dat hierdie verkiesing beslis beduidend was in dat ‘n nuwe generasie die verkiesing beïnvloed het, 25 jaar na demokrasie. Chris het bygevoeg dat die ANC genoeg steun verloor het om twee keer te dink, asook om steeds genoeg stemme te kry om ‘n mandaat te hê.

Konanani het die punt gemaak om vir Theo Vorster te bedank om haar by die paneel te betrek deur te sê: “Omdat ek verseker vir twee redes uitstaan.” Met betrekking op die toekoms van landbou het sy genoem dat “ons moet beleidsonsekerheid hanteer soos byvoorbeeld die grondkwessie. Ons moet dit hanteer sodat produsente toegang tot finansies en die mark kan kry. Die standaard vir kommersiele produsente en nuwe produsente moet dieselfde wees, hoewel die vlak van ondersteuning vir nuwe produsente moet verskil.”

Chris se punt rakende die regering se verbintenis tot landbou is dat die “strategie en planne na die gemeenskapsvlak moet gekommunikeer word, waar die gemeenskap besluit presies wat vir hulle werk en wat nie. ‘n Oplossing in een dorp, of vir een kommoditeit is nie noodwendig dieselfde vir alle landelike dorpe en kommoditeite nie.”

Hierdie episode van Nasie in Gesprek het letterlik alles gehad, van ‘n voormalige polisiegeneraal wat genome het dat die foute van die verlede nie herhaal moet word nie “soos toe die vorige regering trokke vol mense na ander grond geneem het en die swart mense op daardie grond met geweld verwyder het en hulle elders gaan aflaai het,” tot ‘n voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur wie sy ervaring van internasionale stemtendense gedeel het. Die koms van die sosiale media en die invloed daarvan op die sogenaamde nuwe millennium-gedrag tot politiek en die stemproses was ook bespreek.

Roelf het ook die punt gemaak dat “in 2017 het ek ‘n gesprek, van die lug af tydens ‘n opname van Nasie in Gesprek, met Chris Burgess gehad het oor die situasie in die land waar beide van ons baie negatief oor die toekoms was. Nou kan ek eerlikwaar sê dat ek hoopvol en baie positief oor die toekoms is.”

Beide Theo Vorster en Konanani het genoem dat kiesers die party waarvoor hulle gestem het verantwoordbaar moet hou. Venter noem: “Cyril Ramaphosa het twee groot dinge beloof, om die ekonomie te groei en om die ANC reg te ruk en ons moet hom verantwoordbaar hou.”

Vir ‘n kort en op die man af asook insiggewende program rakende sommige van die leiers in landbou se denkrigting en politieke sienings, moenie dié opname van Nasie in Gesprek, veral die Vrae en Antwoordsessie aan die einde misloop nie.

Besoek www.nasieingesprek.co.za vir die volledige uitsaaiskedule.