Senwes webblad trek nuwe baadjie aan




Die doelwit
Die doelwit van die inisiatief was om die webblad uit die gebruiker se oogpunt te ontwerp wat die klem op die verskillende produkte en dienste binne die groep van maatskappy plaas. Hierdie vernuwing was ook toegespits op die vermindering van die aantal bladsye per afdeling deur die inligting beter te verpak en meer doeltreffend te organiseer.

Op die tuisblad
Op die tuisblad kan gebruikers steeds die nuutste markinligting kry en is die ses hooffokusareas van die webblad uiteengesit. Ook is daar direkte skakels wat die gebruiker met een kliek na gesogte inligting neem.

Die navigasie
‘n Verbeterde navigasie is geïmplementeer waar die verskillende bladsye onder elke afdeling meer sigbaar en verstaanbaar geposisioneer is. Die oogmerk was om die bladsye wat die meeste besoek word eerste te stel en nie meer as drie subafdelings te hê nie. Met minder subafdelings is die kans dat inligting weggesteek en moeilik bekombaar is, soveel kleiner.

Die soekfunksie
Gebruikers kan ook voortaan die soekfunksie meer gereeld raadpleeg. Hierdie funksie is afgestof en spoor relevante inligting, bladsye en kontaknommers binne enkele sekondes op.

Die kontakboek
Nog ʼn nuwe funksionaliteit is die kontakboek op die webblad wat die verskillende bedryfspunte met hul kontakbesonderhede lys en gebruikers ook in staat stel om die bedryfspunte in ‘n gekose radius van sy/haar area te sien.

Die webkaart
Met hierdie veranderinge en verskuiwings is die webkaart baie handig. ‘n Duidelik oorsig van waar die verskillende bladsye sorteer maak dit maklik om in ‘n oogwink by die regte plek te wees.

Besoek die webblad

Enige navrae rakende die webblad kan gerig word aan Johan le Grange (Jnr) by 018 464 7521 of Muhammad Amod by 018 464 7331.