Tegnologie: die antwoord op landbou in waterskaars toestande




Zohar Ben Ner het breedvoerig gepraat oor die toepassing van waterbesparingstegnologie in gebiede waar water 'n skaars kommoditeit is. “Die Wes-Kaapse droogtekrisis beklemtoon die dringendheid daarvan om tegnologie te implementeer ten einde watereffektief te wees,” het Ben Ner gesê. 

Drupbesproeiing

Dié sentiment is herhaal tydens die paneelbespreking oor landbou-oplossings vir waterkrisisbestuur, waartydens sprekers drupbesproeiing as een van die metodes uitgelig het wat boere behoort te implementeer om watervermorsing te verminder en opbrengste te verhoog. Lesego Holzapfel van Bokamoso Enterprises, wat op 'n honderd hektaar grond in die Kalahari boer, het dit bevestig en bygevoeg dat, ten einde te verseker dat boere floreer in droë toestande, besproeiing akkuraat moet wees. Drupbesproeiing in besonder is deur die sprekers uitgelig as een van die metodes wat boere behoort te implementeer. Drupbesproeiing is 'n mikrobesproeiingsmetode wat potensieel water kan bespaar. Die doel van hierdie soort besproeiing is om water direk by die wortelgebied van die plant te plaas en sodoende verdamping te verminder. Indien dit in stand gehou word en goed werk, kan 'n drupbesproeiingstelsel meer effektief wees as enige ander besproeiingstelsel.

Sprekers by die seminaar het Israel se oorgang van landbou na landboutegnologie verduidelik en die gehoor ingelig oor tendense en innovasie in landbou wat Suid-Afrikaanse produsente kan gebruik om hul opbrengste te verhoog. Die toepassing van tegnologie in hul boerderyprosesse is aangedui as die grootste bydraende faktor tot Israel se florerende landboubedryf. Die hoofspreker, Shalom Ben OR, Medestigter en HUB van Avenews-GT, het in sy toespraak die rol van tegnologie in die landboubedryf verduidelik en die volgende beklemtoon: “Die implementering van tegnologie in landbou is besig om uit te brei met nuwe digitale toepassings vir die landboubedryf.”