Trekkerverkope styg verder in Desember

  • 21 Januarie 2022
  • 1102
  • nuus



Volgens ʼn verklaring wat deur die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie (SAAMA) uitgereik is, is die algehele trekkerverkope vir 2021 26% meer as die verkope in 2020.

Stroperverkope van 18 eenhede is 15 eenhede meer as die drie eenhede wat die vorige Desember verkoop is

Vir die 2021-kalenderjaar is algehele verkope van 268 eenhede byna 45% meer as die 185 eenhede wat gedurende 2020 verkoop is.

Volgens SAAMA dui aanvanklike ramings daarop dat die mielie-oes wat tans op die land staan, soortgelyk sal wees aan die oes van die vorige jaar. Op dié stadium van die seisoen is dit moeilik om moontlike skade weens oormatige reënval in sekere dele van die land te bepaal, maar die vooruitsigte lyk nietemin goed.

Voorlopige ramings vir die 2022-kalenderjaar is dat trekkerverkope soortgelyk sal wees aan verkope in  2021,  terwyl  stroperverkope  tussen 5 en 10%  laer kan wees  as verkope  verlede  jaar.