Versot op pekanneute




Met die ontwikkeling van die inligtingsera, verkry mense inligting tot meer feite oor voeding en hoe om gesonde gewoontes aan te kweek wat tot ’n lang lewe en hoër produktiwiteit sal lei. Neute is aan die voorpunt hiervan as die peuselhappie van keuse vir diegene met beter eetgewoontes wat meer gesondheidsbewus is. 

Aangesien hierdie tendens groei en momentum opbou, en pekanneutuitvoere aan die toeneem is, is daar nie ’n beter nismark vir produsente om te ondersoek as pekanneute nie. Daar word gesê dat die inkomste uit twee pekanneutbome gelykstaande is aan die inkomste uit een ton mielies.

Wanneer ’n pekanneutboord aangelê word, is die raadsaam om gedurende die kouer wintermaande te begin (Julie en Augustus) en om te verseker dat die bome nie te vlak geplant word nie, aangesien dit gewoonlik die hoofrede is waarom pekanneutbome uitdroog en vrek. Terwyl die winter perfek is vir die uitloopstadium, is die lang, warm Suid-Afrikaanse klimaat ideaal om die neute tot by oesstadium te laat ontwikkel.

Daar is verskeie kultivars en sommiges presteer beter as ander. Die mees algemene variëteite geskik vir die westelike gedeeltes van Suid-Afrika is Navaho, Wichita en Choctaw. Witchita, wat ’n baster is tussen Halbert en Mohah, se neute is van mediumgrootte, met ’n aantreklike voorkoms, hoë gehalte en dit het ’n hoë kernpersentasie. Die Choctaw is die kultivar wat die meeste gebruik word, met ’n indeks van 100.

Pekanneute is vatbaar vir fusicladium (scab), wat beteken dat sorg gedra moet word om die bome in ’n goeie, gesonde toestand te hou tot oestyd. Bemesting met goeie hoeveelhede sink is van die uiterste belang sodra die boom begin vrugte dra. Die bome kry die meeste van die vog wat benodig word uit die grond waarin hulle geplant is – maak dus seker dat die grond nat, sanderig of leemagtig is.

Pekanneutboerdery verg baie geduld. Bome dra eers net ’n paar neute en meer soos wat die boom volwasse raak. ’n Enkele boom kan volwasse raak oor ’n periode van tot twintig jaar. Dit is ’n langtermynbelegging. Een wat, met die nodige sorg en aandag aan uitvoertendense, ’n uitstekende opbrengs op belegging kan lewer.