BERNINA kyk terug op 69 jaar




Vanaf ‘n klein begin in 1947 as ‘n onderneming genaamd "Cost Plus”, wat gefokus het op die invoer van die BERNINA 117, die wêreld se eerste sigsag huishoudelike naaldwerkmasjien, het BERNINA in Suid-Afrika gegroei tot ‘n landwye netwerk van 72 winkels en staan die maatskappy vandag bekend as BERNINA RSA, met die hoofkantoor gesetel in Aucklandpark, Johannesburg.
 
Word daar vandag teruggekyk na BERNINA se paadjie van die afgelope 69 jaar in Suid-Afrika, is dit met nederige dankbaarheid en tog ook met ‘n groot mate van trots dat ons duidelik die impak kan sien wat BERNINA op die ontwikkeling van naaldwerk op alle vlakke van die Suid-Afrikaanse gemeenskap gehad het. Of dit die VLU, laer- en hoërskole, tersiêre opvoedkundige instansies of vele ander organisasies was, die spore wat BERNINA getrap het in die ontwikkeling van naaldwerk, oftewel masjienwerk, is onuitwisbaar sigbaar. Selfs in 1982, met die apartheidera op sy felste, het BERNINA RSA volstoom met die "Black Housewives League of South Africa" saamgewerk om naaldwerk as ‘n vaardigheid onder hul lede te promoveer en ook in die proses waardevolle brûe gebou.
 
Vanaf ‘n enkele BERNINA model in 1947, tot ‘n reeks van 22 modelle vandag, is daar ‘n model vir alle kleremaak-, kwilt-, borduur- en selfs sagte stofferingsbehoeftes. Die intreemodel in die BERNINA reeks is die blitsverkoper model 215. Hierdie topverkoper is beskikbaar teen R17,260-00 en is gelaai met praktiese en veeldoelige eienskappe wat van enige naaldwerkprojek ‘n stimulerende ervaring maak. Voeg nog die WINON stomer hierby, en jou naaldwerkaktiwiteite is op ‘n veel hoër vlak.

Skryf in vir die Wen Groot met BERNINA kompetisie waar een gelukkige wenner BERNINA produkte ter waarde van R19 850-00 gaan wen! - Meer Besonderhede by http://bit.ly/2iCTT6x