Brandstofprysverhoging op die kaarte vir Maart

  • 19 February 2021
  • 1904
  • nuus



Die eerste twee weke van die vierweek-oorsigtydperk vir Maart se brandstofpryse is verby, en die *onderverhandelings sien as volg daaruit:

  • 95-oktaan-petrol: 56c per liter
  • 93-oktaan-petrol: 54c per liter
  • Diesel met 0,05% swael-inhoud: 45c per liter
  • Diesel met 0,005% swael-inhoud: 47c per liter
  • Paraffien: 40c per liter

Die rede vir die duurder pryse word voor die deur van stygende internasionale brandstofpryse gelê. Soos wat ekonomieë geleidelik oopgestel word na die streng Covid-19-inperkings, neem die vraag na brandstof toe. Die prys van Brent-ruolie het die afgelope twee weke met 14,4% gestyg en verhandel tans teen $63,52 per vat.

Die sterker vertoning van die rand die afgelope twee weke, van R15,22 tot R14,56, bring mee dat dié geskatte verhandelings nie nog hoër is nie.

Opwaartse kurwe

Verbruikers betaal reeds sedert die aanvang van die jaar R1,21 meer vir 95-oktaan-petrol en R1,24 meer vir 95-oktaan-petrol. 

Diesel het aan die begin van die jaar met 55c (vir 0,05% swael), en 54c (vir 0,005% swael) toegeneem, en vir die jaar tot op hede is ‘n styging van R1,13 vir albei grade aangeteken.

* Die onderverhandeling is met hoeveel brandstof duurder sou wees indien dit vandag vasgestel word.