Dataplatforms herdefinieer boerdery in SA




Danksy John Deere se data en insigte, asook kunsmatige intelligensie, kan landboudiensverskaffers doelgemaakte dienste ontwikkel en lewer, pasgemaak vir elke plaas en landery.

Om te verseker dat produsente die maksimum opbrengs uit hul werktuie kry deur tegnologie te gebruik, het John Deere die Operations Center-platform ontwikkel. Dié platform maak dit vir produsente moontlik om enige landbouwerktuig se data met basiese leidings- en moniteringspakkette van grondontleders, kunsmis-, saad- en selfs finansiëlediensteondernemings te kombineer. “Die vermoë om data van elke produsent se bedryfs- en verskaffingsnetwerk te vermeng, ontsluit vir die eerste keer die krag van kunsmatige intelligensie op Suid-Afrikaanse plase,” sê mnr. Wayne Spaumer, produkspesialis vir presisielandbou in Afrika Suid van die Sahara by John Deere.

Die impak van kunsmatige intelligensie vir individuele produsente wat betref verhoogde opbrengs, die drastiese besnoeiing van koste en hoër inkomste per hektaar, gaan “dit wat as moontlik en uitvoerbaar beskou word in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, herdefinieer”. Enige produsent kan, selfs met ’n verouderde werktuig, ’n basiese leidings- en moniteringspakket by ’n bestaande werktuig of vloot voeg. Deur ’n StarFire™ 6000-ontvanger by te voeg, kan elke selfaangedrewe eenheid toegang kry tot die nuutste wêreldwye seinverwerkingstegnologie vir navigasiesatellietstelsels. Danksy die Universal™ 300-stuurstelsel, kan die operateur die voordele geniet van outomatiese aandrywing by werktuie wat nog nie selfaangedrewe is nie.

Hoewel albei “vasskroefbare” presisiebegeleidingstegnologieë dadelik voordele kan bied wat verminderde brandstofverbruik en tyd-, kunsmis- en saadkostebesparings betref, word dit nóg meer opwindend wanneer ’n 4240 GreenStar™ Universal Display bygevoeg word. Dit bied aan verouderde werktuie die vermoë om data wat tydens werksaamhede gedokumenteer is, vas te vang en te laat saamsmelt.

ALLES-IN-EEN-DIENS

“Deur ’n boerdery as ’n organisasie op “MyJohnDeere.com” te registreer, kan Suid-Afrikaanse produsente ’n alles-ineen-winkel met kunsmatige intelligensiegedrewe inligting, besluitnemings- en begeleidingsvermoëns bou wat intyds raad bied, gegrond op hul eie plaasdata. ”John Deere weet produsente boer nie alleen nie. Gevolglik is die More Toolstoepassing by die Operations Center gevoeg. More Tools bevat ’n lys van 15 derdepartyverskaffers.

Deur produsente se bestaande data te kombineer met data van ondernemings soos AgStudio, GeoFarm of TERRA Tools, kry produsente ’n breër prentjie van die landbouwêreld en –dienste.

Danksy dié datastelsel, kan elke produsent aktiwiteite beplan en bestuur, vordering monitor en resultate ontleed – ingelig deur akkurate verslae wat opgestel is deur gebruik te maak van sy eie bedryfs-, verskaffers- en diensdata. As die produsent ’n grondontledingShapefile na een van die grondontleders stuur wat in die More Toolstoepassing op sy Operations Centerplatform verskyn, kan die resultate beskikbaar gestel word aan ’n bewerkingsbeampte en ’n saadverskaffer. Sodra alles saamgevoeg en ontleed is, kan ál die gegewens oorgedra word na ’n produsent se planter sodat die werktuig gelei word oor hoe om die land ten beste te bewerk, watter saad om te plant, op watter diepte en hoe ver uitmekaar.

Die besparing aan brandstof, tyd, saad en verminderde verdigting wat met hierdie inligting bewerkstellig kan word, asook hoër opbrengste, gaan verander hoe Suid-Afrikaners boer. As gevolg van die voorafgaande ontwikkeling wat reeds in presisieboerdery gedoen is, het Senwes alreeds sy eie Presiesieboerderyafdeling met ‘n 24-uur hulplyn.

Dit word vanaf Kleksdorp bestuur deur Etienne Nel en sy bekwame span van 10 mense. Hulle sal elke Senwes klant met John Deere presiesietoerusting 24 uur per dag, 365 dae per jaar kan bystaan. Geen probleem is te groot of te klein nie. Etienne Nel en sy span nooi julle hartlik uit om hulle te kontak oor nuwe en bestaande presisieboerderytoerusting. Skakel gerus ook enige van u Senwes Equipment werkswinkels vir die nuutste inligting en hulp.