Desember is Brusellose bewustheidsmaand

  • 11 December 2020
  • 1862
  • nuus



Dié bewustheidsveldtog is ʼn inisiatief van die Nasionale Dieregesondheidsforum (NAHF), in samewerking met die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD) en die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR).

Die #BrakesonBrucellosis veldtog het dit ten doel om deur die oordrag van kennis, groter bewustheid te skep rondom die voorkoms van Brusellose in veekuddes asook die gevaar wat dié soönitiese siekte vir mense inhou. Inligtingstukke sal vir die duurte van die maand op die webwerf van die Nasionale Dieregesondheidsforum beskikbaar gestel word. Hierdie inligting kan op sosiale media platforms gedeel word en belangstellendes word gevra om die #BrakesonBrucellosis hutsmerk te gebruik.

Organisasies wat reeds hul steun tot dié inisiatief toegesê het, sluit onder meer in: die Melkprodusente-organisasie (MPO), die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Dieregesondheidstegnici (SAAAHT), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Diere Wetenskap-Laboratoriums (SAALAS), die Suid-Afrikaanse Raad vir Veeartsenykunde (SAAVT), die Veterinêre Vereniging van Herkouers (RuVASA), en Afrivet.

Lees meer oor dié siekte: https://bit.ly/3mzF6qs en besoek gerus www.nahf.co.za vir meer inligting, praktiese wenke en hoe om met kenners in verbinding te tree.