Die Bultfontein Boertjiefees beloof om een vir die boeke te wees





KUNSTENAARS:

Saans skop die vertonings om 19:00 in die Volla-Saal af met deure wat reeds van 18:30 oop sal wees. Van die kunstenaars wat in aksie gaan wees sluit in, Demi Lee Moore (Vrydagaand), Dirk van der Westhuizen (Vrydagaand), Refentse (Saterdagaand), Andries Vermeulen (Saterdagaand), Shaylin (Saterdagaand), Ruan van der Kuil (Vrydag- en Saterdagaand), Ansa du Plessis (Saterdagaand) asookAlec Marz (Saterdagaand). 


PROGRAM EN TERREINKAART:



KAARTJIEVERKOPE:

Kaartjies is beskikbaar by Hoërskool Bultfontein in Stofbergstraat. Die verskillende opsies is as volg: 
Vrydag, 30 Augustus 2019:
Dagkaartjie – R50.00 (Terrein)
Aandkaartjie – R80.00 (Aandvertoning)
Voldag – R120.00 (Terrein en Aandvertoning)

Saterdag, 31 Augustus 2019:
Dagkaartjie – R50.00 (Terrein)
Aandkaartjie – R80.00 (Aandvertoning)
Voldag – R120.00 (Terrein en Aandvertoning)

Pakketkaartjies, 30 Augustus 2019 en 31 Augustus 2019:
Volwassenes – R220.00 (Terrein en Aandvertoning)
Skoliere – R200.00  (Terrein en Aandvertoning)

Kinders 6 jaar en jonger – Gratis

Kontak asseblief die kantoor by 051 853 1140, stuur ‘n e-pos aan bulties@schoolink.co.za of besoek die webwerf www.bulties.co.za vir meer inligting.

KOMPETISIES:

Kompetisies sluit onder andere die immergewilde Mnr & Mej Boertjiefees in waar kanidate tussen die ouderdom van 18 en 24 jaar die kans staan om groot pryse te wen. Inskrywings beloop R60 en geskied op Saterdag, 31 August voor 08:30 by die Boertjiefeeskantoor. Die wenners sal Saterdagaand voor die hoofsangers optree, aangekondig word. 

Daar is ook die Boereseun en Boeremeisie Kompetisie vir die ouderdomsgroepe 7-9 jaar; 10-13 jaar; en 14-17 jaar en Baba- en Kleuterkompetisie. Laasgenoemde kompetisie het ‘n verskeidenheid kategorieë wat strek vanaf 0-3 maande tot 5-6 jaar. Laai die pamflet af vir meer besonderhede.  

Vir meer inligting rakende die Bultfontein Boertjiefees Kompetisies, kontak gerus vir Magda by 082 676 4191.
LAAI DIE INSKRYWINGSVORMS AF |

UITSTALLERS:

Navrae oor binne uitstallers kan aan Anneke by 071 248 3313 of stall@bultfonteinboertjiefees.co.za gerig word. Buite uitstallers kan navrae aan Jackie rig by 060 347 7505 of jackie@bultfonteinboertjiefees.co.za

Vir meer inligting oor die Bultfontein Boertjiefees, stuur gerus ‘n e-pos aan info@bultfonteinboertjiefees.co.za of besoek die webwerf www.bultfonteinboertjiefees.co.za