Die Senwes groep verbind tot POPIA-nakoming




Alle maatskappye, insluitende Senwes, word volgens dié wetgewing verplig om nou, selfs meer as tevore, nougeset en verantwoordelik met persoonlike inligting om te gaan.

Volgens POPIA moet kontroles in plek wees vir die wyse waarop inligting versamel word, die doel waarom dit versamel word, die verwerking en bewaring daarvan asook die toegang tot sodanige persoonlike inligting.

In die lig hiervan wil Senwes alle belanghebbendes die versekering gee dat die maatskappy nie net verbind is tot die nakoming van POPIA nie, maar ook ʼn hoë premie plaas op die beskerming van alle persoonlike inligting.

Senwes het alreeds heelwat stappe geneem ter nakoming van hierdie voormelde beginsels, soos onder andere uiteengesit in die POPIA-wetgewing:

  • Die hersiening en opdatering van alle klant-, kliënt-, verskaffer-en derdeparty-ooreenkomste.
  • Die implementering van tegniese en organisatoriese maatreëls om ongemagtigde toegang tot en verkryging van persoonlike inligting te beskerm en te voorkom.
  • Die voorbereiding en verspreiding van toestemmingsdokumentasie en privaatheidskennisgewings.
  • Die daarstelling van maatreëls ten einde die vloei van persoonlike inligting aan derdepartye te reguleer, soos die toestemming van inligtingsreguleerders en die implementering van data-oordragsooreenkomste.
  • Die ontwikkeling van ʼn kultuur van beskerming van privaatheid deur die opleiding van personeel, die opdatering en implementering van beleide en prosedures asook die uitrol van bewusmakingsveldtogte.
  • Die goedkeuring en implementering van ʼn data-oortreding en voorval-reaksieplan en -beleid.

Volgens Elmarie Joynt, Groep Maatskappysekretaris en Hoof Regsadviseur, is dit vir Senwes belangrik dat belanghebbendes die gerusstelling het dat alle persoonlike inligting wat versamel word, op ʼn wettige, regverdige en redelike manier verwerk sal word en dat daar deurentyd streng aan POPIA asook alle tersaaklike wetgewing voldoen sal word.

Vir meer inligting kan u een van die volgende persone in verbinding tree by Senwes Hoofkantoor, Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp, 2570:

Anjelica Chedraoui, wat as Senwes se POPIA-kontak persoon optree.

Telefoon:  018 464 7849
E-pos:  anjelica.chedraoui@senwes.co.za

Elmarie Joynt,  wat as Senwes se POPIA-inligtingsbeamte optree,

Telefoon:  018 464 7104
E-pos:  elmarie.joynt@senwes.co.za