Die vele snykante van veediefstal in SA

  • 05 March 2021
  • 1757
  • nuus



Werksverliese is aan die orde van die dag wanneer produsente en besigheidslui regdeur die waardeketting gedwing word om as gevolg van veediefstal hul werkersmag te verminder. As gesteelde diere opgeveil word en verkope sou genereer, vind dié inkomste nie hul weg na die staatskoffers soos wat andersins die geval sou wees nie. In dieselfde lig sal vleistekorte weer daartoe bydra dat vleispryse uitermatig sal toeneem.

Dit is veral produsente in die Vrystaat, Wes-Kaap en die Oos-Kaap wat volgens Clack kwaai onder veediefstal deurloop. Die gevolg hiervan is dat hoe meer kommersiële produsente deur veediefstal beïnvloed word, hoe groter is die gevaar van produksieverliese in die vleis- of suiwelbedryf.

Die NVVK meen voorts dat die “kwesbare” grens tussen Suid-Afrika en sy onmiddellike bure, soos eSwatini en Lesotho, een van die swakste skakels in die landelike veiligheidsketting is.

In reaksie op Clack se uitlatings bevestig die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (Sacau) dat veediefstal ʼn groterwordende probleem is vir lede van sy 12 lidlande. Volgens Ishmael Sunga, uitvoerende hoof van die konfederasie, beroof veediefstal kommersiële produsente van hul inkomste en kapitaalbates.

* Die oorspronklike artikel is deur IOL Business Report gepubliseer.