Digitale kleedrepetisie vir nasionale sensus




Volgens Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, sal amptenare eers tydens die opname van die hoofsensus mense by hul wonings besoek.

Meer oor die gidssensus

Die gidssensus word in uitgesoekte gebiede gedoen en word as ʼn kleedrepetisie vir die hoofsensus beskou om stelsels en prosesse te toets.

Die registrasie vir die gidssensus het reeds geopen en strek tot 30 Junie 2021, terwyl die insameling van data vanaf 3 Julie tot 28 Julie sal plaasvind. Huishoudings en instellings wat die sensusvraelys telefonies wil voltooi, sal deur ʼn inbelsentrum-agent van Statistieke Suid-Afrika geskakel word of hulle kan die vrae aanlyn invul.

Indien jy aan die opname wil deelneem kan jy dié skakel gebruik om aanlyn te registreer: https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home.

* Die datum vir die hoofsensus moet nog aangekondig word.