Dr Pieter Taljaard die nuwe stuurman van Graan SA




ʼn Gesoute landboukenner

As ʼn bewese besigheidsleier, landbou-ekonoom, akademiese kundige én deeltydse produsent is Pieter, wat tans as die bestuurder: kleingraan en nywerheidgewasse by Bayer Crop Science dien,  ʼn bekende gesig in die plaaslike landbousektor.

Pieter het sy PhD in landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UF) verwerf en was die afgelope ses jaar in die saadbedryf werksaam. As kenner spesialiseer hy in verbruikers-en produksie-ekonomie, ekonometrie sowel as wiskundige optimalisering.

Aanstellingsproses

Die aanwysing van Pieter as die nuwe hoof uitvoerende beampte volg na 'n deeglike werwing-en aanstellingsproses waartydens verskeie top kandidate vir die pos in aanmerking geneem is.

Volgens Derek Mathews, voorsitter van Graan SA was dit belangrik vir die organisasie om die regte aanstelling te maak. “Pieter het baie ervaring in die graansektor en nou saam met produsente,” sê Mathews.

Hy (Mathews) het tydens die aankondiging van Pieter se aanstelling ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir Jannie de Villiers te bedank vir sy jarelange toewyding en harde werk om die organisasie te bring waar dit vandag is.

Volgens Mathews sal De Villiers nie vir landbou verlore gaan nie, en sy mentorskap en geestelike leiding sal die bedryf steeds beïnvloed in die toekoms.