Groot swerms sprinkane byna daagliks gewaar

  • 03 December 2021
  • 1457
  • nuus



Groot uitbrekings kom ook in die suidoostelike gedeeltes by De Aar en Richmond voor.

In die Wes-Kaap kom swerms tans in groot dele van die Sentraal-Karoo voor by Laingsburg, Merweville, Prins Albert, Beaufort-Wes en Murraysburg.

Dié uitbrekings volg na goeie reënval wat oor groot gebiede voorgekom het en daar word tans ʼn opdraande stryd gevoer om die swerms in die Wes-en Noord-Kaap te bekamp, aldus die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling.

Noord-Kaap

Volgens Janine Byleveld, bedryfsamptenaar by Agri Noord-Kaap is dit moeilik om gifstowwe betyds oral te kry en is die departement redelik oorwerk. Sy sê opleidingswerk word ook in naby geleë gebiede gedoen in ʼn poging om die departement te ondersteun.

Lede van die publiek en boere word gevra om swerms by Mulalo Matodzi by 083 326 7773, Vuyokazi Mpumlwana by 084 760 8176 of dr Ikalafeng Kgakatsi by 072 198 9882 aan te meld. Boere kan ook swerms by die kantoor van die departement van landbou op De Aar aanmeld by 053 631 3122, of by dr Gerhard Verdoorn by 082 446 8946.

Wes-Kaap

Na wat berig word, is daar reeds gesamentlik 300 swerms die afgelope vier weke by Merweville en Beaufort-Wes bespuit.

Op die stadium is die plaag nog voetgangers, wat dit relatief maklik maak om te bespuit, ʼn proses wat aansienlik bemoeilik sal word sodra die sprinkane begin vlieg. Die kommer bestaan egter dat omdat plase in die Karoo groot en wyd verspreid is, swerms ongemerk sal uitbreek op vakante grond of grond wat nie gereeld nagegaan word nie.

Agri Wes-Kaap versoek alle grondeienaars in die Sentraal-Karoo om hul grond na te gaan en swerms by 083 649 9306 aan te meld.