In die volgende Senwes Scenario – Fokus op Oes- en Herfstyd!

  • 28 February 2020
  • 2496
  • nuus



Hier het Senwes produsent AC van Wyk in diepte met ons gesels oor strategie en die impak daarvan.

In die komende Herfsuitgawe van die Senwes Scenario fokus ons juis op ‘n paar van die Senwes Groep se droogtehulpaksies in dele van die Noord-Kaap wat steeds erg gebuk gaan onder die langdurige droogte. Om die presiese situasie rakende die voorseisoen droogte te verklaar het ons redaksiespan ook met Senwes Senior Graananalis, Thys Grobbelaar gesels oor die laagste voorseisoenreënval in meer as ‘n eeu, 13,8 mm.

Die pas afgelope 2019/2020 voorseisoen van Suid-Afrikaanse landbou se somerreënvalgebied, was die droogste in 104 jaar. Dit was volgens reënvalstatistiek wat deur 27 weerstasies in die somerreënvalgebied verskaf is wat al data sedert die 1915/1916-seisoen versamel. En sedert November 2019 tot Januarie 2020 was dit opgevolg met een van die top 10 natste tydperke oor die periode sedert 1915/1916.

Dan is dit ook weer Nampotyd in Mei en Senwes Koporatiewe Bemarking se Sanmarie Schlebusch verduidelik presies waar oesfeesgangers die Senwes Groep kan besoek.

Tydens die normale insetsels vertel Senwes Senior Markanalis, Hansie Swanpeoel hoe presies om die Maart/Julie prysverskil te benut. Op sy beurt gesels Bestuurder Senwes Graanmakelaars, Frans Dreyer oor witmielieverskansingsalternatiewe, invloedryke markprysdrywers. Bykomende is daar ook nuus wat ingewin is tydens die Senwes Grainlink planttoer waar die stand van lande en gewasse ondersoek is.

Ons jag- en wapenkenner, Jan-Lodewyk Serfontein ondersoek die belangrikheid van dopontwerp in sy nuutste rubriek. In hierdie uitgawe verwelkom ons ook weer vir Johan Schoeman, Hinterland Administrasiebestuurder in die geloofskolom waar hy al in die Senwes Groep se kringe bekend is vir sy rubrieke wat al in verskeie publikasies soos die Senwes Sensasi en Hinterlander en nou ook weer in die Senwes Scenario verskyn.

Wat vee aanbetref skryf dieregesondheidspesialis, Dr Kobus Swart oor alternatiewe voerbronne vir herkouers en noem hy presies wat produsente hier in aanmerking moet neem.

So, lees hieroor en nog baie meer in die 2020 Herfsuitgawe van die Senwes Scenario wat julle eersdaags in die pos sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, besoek gerus die volgende skakel www.scenario.co.za.