Kleinhandelverkope van landboumasjinerie neem verder toe




Dié verkoopsyfer is byna 43% meer as die 444 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 27% meer as gedurende 2020.

In Junie is 30 stropers verkoop, 13 eenhede meer as die 17 eenhede wat gedurende verlede jaar hierdie tyd verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 32% meer as verlede jaar.

Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie bly die optimisme in die landboubedryf hoog, veral gegewe die gunstige vooruitsigte van beide somer- en wintergewasse. Produsente is voorts ook reeds besig om voor te berei vir die komende plantseisoen.

Die hoë verkoopsvlakke van landboumasjinerie dui voorts daarop dat boere die geleentheid benut om toerusting te vervang. Hierdie tendens sal volgens die assosiasie oor die korttermyn volgehou word. Huidige beramings dui daarop dat trekkerverkope vir die 2021-kalenderjaar tussen 15 en 20% meer sal wees as wat die geval in 2020 was.