Langpad na herstel vir SA jagbedryf

  • 30 April 2021
  • 1661
  • nuus



Die wildbedryf, soos alle landboubedrywe, moes die afgelope paar jaar verskeie uitdagings die hoof bied, waaronder ʼn droogtesiklus, politieke onsekerheid en ʼn skerp ekonomiese afswaai. Hiermee saam was die jag-en wildbedryf een van die Covid-19-inperking se grootste slagoffers. Alhoewel wildboere op hul plase kon voortgaan met die daaglikse bestuur daarvan, was daar geen sprake van buitelandse jagters of ekotoerisme nie. Wildveilings het ook tydens 2020 byna tot ʼn stilstand gekom.

Volgens Van Coller het die land, voor die aanvang van die inperking in 2020, sowat R1,9 miljard uit die buitelandse trofeejagmark verdien, terwyl die binnelandse jagmark ongeveer R11,6 miljoen beloop het. Na ʼn baie moeilike jaar, waarin die land se jagbedryf tot ʼn absolute stilstand gedwing is, meen Van Coller egter dat vanjaar se syfers reeds ʼn 100% verbetering toon.

Op sy beurt meen Richard York, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA, dat selfs al is die landsgrense oopgestel, daar ʼn merkbare afname is aan die hoeveelheid internasionale jagters wat die land besoek. Volgens hom ontvang wildreservate nou vir die eerste keer in 16 maande weer internasionale jagters.

Hy is verder van mening dat jag nie ʼn massa-toerismemark is nie, en verduidelik dat dit ʼn bedryf is waar kliënte vriende word. Dit is juis hierdie een-tot-een verhoudings wat daartoe sal aanleiding gee dat jagters onder die eerste toeriste sal wees wat na die land terugkeer.

Die ontwikkeling van ʼn entstof teen Covid-19 sal voorts ʼn deursiggewende rol speel vir die wêreld se jagreisigers.