Leierboer Jaco Minnaar glo in landbou se rooskleurige toekoms

  • 05 November 2021
  • 1657
  • nuus



Hy is ook van mening dat die private sektor ʼn al hoe groter rol in die sektor gaan begin speel en dit stem hom positief. 

Vir Minnaar wat tydens Agri SA se jaarkongres vroeër die maand as president aangewys is, is dit ʼn voorreg, maar ook ʼn groot verantwoordelikheid om hierdie soort leierskap in landbou aan te pak.

In ʼn onderhoud met Netwerk24 het Minnaar, wat sedert 2009 by Graan SA betrokke is en vanaf 2015 tot 2019 die voorsitter was, is hy vol lof vir die bestuurspan van die organisasie. Hy neem die presidentskap oor vanaf Pierre Vercueil, wat vroeër vanjaar sy uittrede aangekondig het. Gedurende sy loopbaan by Agri SA het Vercueil onder as adjunkpresident diens gedoen alvorens hy in November 2019 die leisels by Dan Kriek oorgeneem het.

Landbou kan en moet ʼn verskil maak

Volgens Minnaar beoog hy om nou saam met die regering te werk, maar die uiteindelike verantwoordelikeheid om ʼn verskil te maak lê by landbou.

“Ons moet van ons eie kant af veiligheid op plase verseker en die verval van die platteland teëwerk. Die uitdaging in landbou is dieselfde as vir die land: om die ekonomie so te groei dat geleenthede geskep word vir bestaande sowel as nuwe toetreders. Groter ekonomiese aktiwiteit sal ook werksgeleenthede en ontwikkeling asook die instandhouding van infrastruktuur meebring,” sê Minnaar.

Hy sê verder dat landbou die hoeksteen is van enige samelewing, en veral in Suid-Afrika omdat dit die dryfveer ager die plattelandse ekonomieë is en baie lewens en gemeenskappe van landbou afhanklik is vir hul bestaan. Juis hieroor is die tyd van kop in die sand druk en te wil isoleer van die res van die land en gemeenskappe buite die kwessie, sê Minnaar.

Kongres goed ontvang

Vanjaar se Agri SA jaarkongres is baie goed ontvang, en is onder meer deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling bygewoon.

Hierdie bywoning en deelname van hoëvlak regeringsverteenwoordigers dui volgens Minnaar op die belangrikheid van Agri SA se rol in die landbousektor, asook die groot verskil wat die organisasie in die sektor bewerkstellig. “Die boodskap van albei ministers wat baie positief, en het juis beklemtoon hoe nodig die staat ook die private sektor het om te kan oorleef en te groei,” vertel Minnaar.

Samewerking met die staat is egter nie sonder uitdagings nie, waarvan kapasiteit en die belyning van strategieë in baie gevalle as struikelblokkie dien.

Minnaar reken dit is veral sake soos eiendomsreg,  markontwikkeling, infrastruktuur en wetgewing wat nouer samewerking tussen die regering en die landbousektor sal noodsaak.  Hy beklemtoon dit egter dat samewerking nie beteken dat daar goedsmoeds ingekoop sal word in die regering se ideologiese denkwyse en sienings nie.

Die meesterplan vir landbou

Minnaar is baie positief oor die meesterplan vir landbou (AAMP) synde dié plan transformasie in die sektor asook landbouverwerking ten doel het.

Die plan sal volgens hom ook help om voedselsekerheid in die land te verhoog, inklusiewe groei te bevorder en ʼn mededingende waardeketting vir die bedryf te skep. Volgens Minnaar kan die plan voorts bydra tot die skep van R32 miljard se bruto-produksiewaarde en sorg dat 410 000 hektaar grond gebruik kan word vir verbouing.  Laasgenoemde kan tot die daarstelling van 71 487 nuwe werksgeleenthede sorg, terwyl dit ook tot die totstandkoming van 6 500 nuwe klein-en middelslagondernemings kan lei.