MPO-direksie skort uitvoerende hoof se dienste op




Dié skorsing is van krag totdat die direksie ʼn ondersoek afgehandel het wat daarop gemik is om die MPO te herstruktureer.

Volgens Colin Wellbeloved, voorsitter van die direksie, het in ʼn skrywe gesê dat die besluit om dr Van Dijk se dienste op te skort geneem is na deeglike oorweging ten einde beduidende strategiese en strukturele veranderinge binne die organisasie aan te bring. Hy (Wellbeloved) voeg by dat daar geen aanklagte of ondersoeke teen dr Van Dijk is nie.

Luidens die skrywe sal die geherstruktureerde MPO daartoe verbind wees om produsente te ondersteun om ʼn groter inspraak in die waarde van hul produkte te hê. In die lig hiervan sal die MPO se sleutelfunksies wees om onderhandelings te voer om ʼn platform tussen koper en verkoper te skep, ledebetrokkenheid, forensiese invoermonitering, en korporatiewe integriteit en deursigtigheid.