MPO herstrukturering lei tot personeelvermindering

  • 19 November 2021
  • 1334
  • nuus



Die organisasie het onlangs tydens ʼn spesiale byeenkoms erkenning gegee aan personeel en Fanie Ferreira, waarnemende uitvoerende hoof van die organisasie, het elkeen bedank vir hul lojaliteit en harde werk. “Ons is dankbaar vir dit wat julle deur die jare vir die MPO en sy lede beteken het, jul bydraes was van onskatbare waarde,” het Ferreira gesê.

Colin Wellbeloved, voorsitter van die MPO-direksie het dit beaam en namens die produsentedankie gesê. Hy het sy hoop uitgespreek dat dit met elkeen van die mense voorspoedig sal gaan in wat ook al hul in die toekoms mag aanpak.

Volgens Wellbeloved is die oogmerk van die herstrukturering om ’n meer vaartbelynde, buigsame organisasie wat gefokus is op die bedryf se kernfunksies vir sy lede daar te stel. Die MPO sal steeds waardevolle markinligting verskaf wat aan lede ’n stewige platform bied vanwaar koop- en verkooptransaksies kan plaasvind.

“Ons visie is om op gedissiplineerde wyse sakeontwikkeling na te streef en sodoende die mark uit te brei,” aldus Wellbeloved.