Nog ʼn brandstofskok wag op vuisvoos verbruikers

  • 01 April 2021
  • 4801
  • nuus



Hierdie stelling is gemaak nadat die assosiasie dit bekend gemaak het dat brandstofpryse na alle waarskynlikheid gedurende April skerp sal toeneem deels vanweë die hoër algemene brandstofheffings wat dan in werking sal tree. Bykomende redes wat tot dié prysverhoging bydra is die stygende internasionale petroleumpryse en die swakker rand-dollar-wisselkoers.

Volgens die AA dui hierdie heffings tesame met stygende internasionale petroleumpryse daarop dat petrol met ongeveer 90 sent per liter sal styg. In die geval van diesel word ʼn 66 sent per liter verhoging verwag terwyl paraffien waarskynlik met 62 sent per liter sal toeneem. Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie verwagte stygings nié die algemene brandstofheffings en die heffing vir die Padongeluksfonds (POF) wat die minister van finansies in sy begrotingsrede aangekondig het, insluit nie. Hierdie heffings sal eers op 7 April in werking tree.

Indien hierdie heffings in ag geneem word, voorspel die AA dat die prys van petrol na verwagting met soveel as R1,16 per liter kan styg terwyl diesel met 92 sent per liter kan toeneem.