Nuwe bek-en-klouseerstam steek kop uit in Namibië

  • 27 August 2021
  • 2330
  • nuus



Volgens Albertina Shikongo, hoof-veterinêre beampte van die ministerie van landbou in dié land, blyk die nuwe stam meer aansteeklik as ander stamme te wees. Sy sê dat ondanks ʼn inentingsyfer van ongeveer 90% nuwe gevalle steeds onder ingeënte kuddes aangemeld.

Ondersoek word tans na die oorsprong van die nuwe stam gedoen, maar volgens Shikongo is die vermoede sterk dat die uitbreking die gevolg is van onwettige oorgrensverskuiwing van beeste tussen Namibië se Zambezi-streek en Zambië.

Namibië het in reaksie op die uitbreking vier distrikte tot besmette gebiede verklaar, terwyl die hele Zambezi-streek tot ʼn moniteringsgebied verklaar is. Hierbenewens word die beweging van gekloofde diere, sowel as moontlike aansteeklike goedere in en uit die beperkte gebiede verbied.