Nuwe entoesiasme in ontwikkeling van implemente vir presisieboerdery




Die term “navolger” kom van ’n skoubesoeker wat by die plaaslike vervaardigers deurloop, oënskynlik belangstel deur net teen die bande te skop – jou vertel hoe die toerusting moet lyk en werk, kommentaar lewer en dan aanstap om die oorsese ingevoerde implemente aan te koop.

Jare van ontwikkelingsgeleenthede en groter markgeleenthede in ander lande soos die VSA en Suid-Amerika, in vergelyking met die SA-mark, het natuurlik gehelp dat Amerikaanse en Suid-Amerikaanse lande goeie, beproefde toerusting het.
Ons ervaring is dat die Suid-Afrikaanse produsente baie uitgelese is ten opsigte van potensiële oplossings wat internasionaal beskikbaar is. Verbruikers is onder enorme druk om winsgewend te wees en die Suid-Afrikaanse mark is relatief klein vir verskaffers om die ontwikkelings- en vervaardigingskoste te regverdig. 
Die ideale scenario wat nodig is, is die onderskeidingsvermoë van beide die produsente en die verskaffer. Die produsente wat die gebruiksvereistes moet neerlê en die verskaffer wat betroubare en koste-effektiewe konsepte moet voorstel vir oorweging. 

Ek is vas oortuig daarvan dat daar steeds geleentheid is dat unieke ontwikkeling uit die Suid-Afrikaanse mark bewerkstellig kan word indien die regte benaderings gevolg word: Om dit te kan doen is vertroue van die plaaslike verbruikers nodig en verskaffers wat innoverend, kreatief en ontwikkelingsgerig is. 

Rula Agri is juis so ’n maatskappy wat bereid is om te investeer in die riskante mark, wat die belangrikheid van werkskepping besef en om soos ander ontwikkelingslande ’n tegniese bydrae te maak, wat ’n voorvereiste vir werkskepping en uitvoere is in plaas daarvan om van in - voere afhanklik te wees. Grondvoorbereiding vir die plasing van kalk, kunsmis en saad, asook die massa hantering daarvan, is tans die fokusareas van Rula Agri. Gedurende vyf en twintig jaar van ingenieurswese en vervaardiging en vyf jaar in die landboubedryf, is ’n verskeidenheid van komponente reeds suksesvol ontwikkel en gemaak, wat die samestelling van volledige implemente al hoe makliker maak.

Rula is reeds bekend vir die akkuraatheid van die kunsmisuitmeeteenhede wat in enige ry-hoeveelheid en seksiebeheerkonfigurasie aangebied word. ’n Unieke ontwikkeling wat onlangs die lig gesien het, is die “Brokkelblaser” diepplaas kalkimplement wat ’n deurbraak is om grondversuring dieper as 300 mm te neutraliseer.

Rula nooi produsente uit om hul unieke gebruiksbehoeftes as uitdaging na ons te bring. Ons bring dalk net die verskil waarna jy gesoek het. 

Vir meer inligting, kontak Rula Agri by 011 795 1040 of Roelf Odendaal 082 901 0910 of skakel jou naaste Senwes Heelwerktuigbemarker.