Opgeknapte John Deere 9R-reeks gee die pas aan




Dié trekker stel produsente in staat om meer grond in minder tyd met groter akkuraatheid en doeltreffendheid te bewerk ten einde bedryfskoste te verlaag.

Werksverrigting van die 9R-reeks

Die opgeknapte 9R-reeks is toegepas met al die oorspronklike 9R-spesifikasies, en is die enigste trekkerreeks op die mark wat ʼn gewone wiel- (9R), twee rusperband- (9RT) én vier rusperband- (9RX) konfigurasiemoontlikhede bied.

Die John Deere PowerTech™ 13,6 l-enjin maak van dié trekker ʼn werk-os sonder weerga met verbeterde werksverrigting, betroubaarheid, optimale brandstofdoeltreffendheid en robuustheid. Hiermee saam bied dié enjin 13,5% meer krag as die 13,5 l-enjin, 50% minder geraas, ʼn 27% verbetering in herstelbaarheid en ʼn 13% vermindering in onderhoudskoste.

Presissielandboutoepassings

Die volgende presissielandboutoepassings maak deel uit van die 9R-reeks:

  • AutoTrac™-draai outomatisering.
  • AutoTrac™-werktuigleiding.
  • AutoPath rybegeleiding.
  • Gen 4 Machine Sync™ verseker ʼn gesinchroniseerde seinverbinding tussen die trekker en ʼn stroper.
  • Die Section Control-toepassing skakel werktuie soos spuite en kunsmisstrooiers se seksies outomaties aan- en af om die oorvleueling van insette se plasings in die lande te verhoed.
  • In Field Data Sharing laat jou toe om kaarte en begeleidingslyne te deel ten einde die werksverrigting van masjiene in dieselfde land te monitor.

Ander aanpassings

Gedagtig aan die lang ure wat die operateur agter die stuurwiel deurbring, spog die opgeknapte reeks met ʼn aangepasde kajuit. Groter kopruimte, groter inklimruimte, ʼn geïntegreerde yskas, nuwe sitplekverstelopsies, ʼn aanraakskermradio en voetstutte dra nou by tot groter gerief.

Klante kan tussen die Select-, Premium- of Ultimate-kajuitpakkette kies.

Die reeks bied ook nuwe sigbaarheidspakkette wat onder meer bykomende beligting en kamera-opsies insluit, asook bykomende sonskerms.

Die CommandCentre™, AutoTrac-aktivering, JDLink™ en die StarFire 6000-geïntegreerde ontvanger verseker dat die operateur op koers bly. Hierdie slimtegnologie maak dit ook vir John Deere-agentskappe, soos Senwes Equipment moontlik, om die trekker se werksverrigting te monitor en enige ongerymdhede te identifiseer ten einde voortydige herstelprosesse te implementeer. Hierdie prosesse sal verseker dat staantyd tot die minimum beperk word.

Vir meer inligting oor hierdie reeks, skakel vandag nog met jou naaste Senwes Equipment verteenwoordiger.