Petrolprysdata dui op gemengde vooruitsig vir November

  • 20 November 2020
  • 1865
  • nuus



Die Outomobiel-assosiasie het in reaksie op die nuutste ongeouditeerde maandelikse brandstofprysdata, wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is, gesê dat dit ongewoon is om so ʼn wye verskeidenheid van vooruitsigte te hê soos wat tans die geval is.

Volgens die AA bring is die onlangse toename in die internasionale pryse van geraffineerde brandstof ʼn einde aan ʼn maande lange daling in die prys. Die internasionale prys van diesel het tussen 2 November en 11 November met byna 20% gestyg, terwyl die prys van petrol met meer as 15% gestyg het. Die rand kon gelukkig die meeste van dié verhogings teenstaan.

Die AA meen voorts dat die skommeling in die waarde van die plaaslike geldeenheid en internasionale oliepryse toegeskryf kan word aan wêreldverbruik wat vinniger toeneem as vervaardiging, en die Amerikaanse verkiesing van Joe Biden as president.