Sandgrondboere hou inligtingsdag en besin oor versuipskade

  • 11 March 2022
  • 1027
  • nuus



Hierdie resultate sluit in bestaande proewe oor verskillende bemestingsvlakke, bemestingspraktyke, standproefvergelykings en wisselbou met mielies en sojabone in. Aandag is ook gegee aan profielgate om onder meer wortelontwikkeling en vogvlakke te bespreek.

Meer oor die SOK

Die SOK het meer as tien jaar terug die lig gesien en het die afgelope dekade, met finansiering van die Mielietrust, twee onafhanklike navorsers – drs. Andre Nel en Danie Beukes, aangestel om die komitee se proewe onafhanklik te evalueer.

Volgens Danie Minnaar, voorsitter van die SOK, is een van die onderskeidende faktore van die komitee juis dat die lede deur middel van proewe onafhanklike inligting oor watertafelgrondproduksie geniet. Hierdie onafhanklike inligting vul volgens Minnaar ʼn leemte wat op hierdie stadium in die landboubedryf bestaan.

Die SOK se navorsingswerk word op die watertafelgronde van die Wes-Vrystaat en Noordwes uitgevoer, waar sowat die helfte van die land se witmielies verbou word.

Danksy hierdie navorsing kan dié Wes-Vrystaatse boere, wat vanjaar swaar getref is deur vloedskade weens oorvloedige reën, aan die hand van jare lange navorsing besin oor wat hulle volgende te doen staan.

ʼn Jaar met unieke uitdagings

“Vanjaar het ons die unieke situasie gehad dat daar te veel water en gevolglik versuipings in ons gebied plaasgevind het,” sê Minnaar en voeg by dat watertafelgronde is soos ʼn bad waarvan die prop in is. Hy verduidelik dat met die groot hoeveelheid reën van die afgelope seisoen gaan die grondwaterprofiel teen volgende jaar reeds klaar vol wees en ʼn gemiddelde reënsval gaan weer versuipskade tot gevolg hê.

Juis om hierdie rede moet boere hulself vergewis van alle moontlike strategieë en beste praktyke om voorkomend op te tree.