Senwes Dragons-spelers vuur en vlam vir Protea toer na Wes-Indiese Eilande

  • 20 August 2021
  • 1494
  • nuus



Lizelle Lee, Masabata Klaas en Tazmin Brits is ingesluit by die toerspan wat vanaf 31 Augustus skouers sal skuur met hul Windiese eweknieë.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het vroeër aangekondig dat dié toer oor ʼn reeks Eendag-en Twintig20-internasionale wedstryde beslis sal word. Hierdie wedstryde sal almal in Antigua gespeel word met die bekende Sir Viv Richards Krieketgronde wat as die gasheer vir die T20-segment sal dien. Die Eendagreeks sal op die Coolidge-krieketgronde beslis word.

Volgens KSA sal hierdie toer as waardevolle voorbereiding dien in die aanloop na volgende jaar se wêreldbeker toernooi vir vroue in Nieu-Seeland. Na afloop van die aankondiging van die toerspan, het die Momentum Proteas-hoofafrigter, Hilton Moreeng, gesê dat dié toer die span se terugkeer na mededingende krieket – na ʼn baie lang periode sonder enige speeltyd, verteenwoordig.

Wedstryde sal vanaf 31 Augustus tot en met 19 September gespeel word.

So lyk die toerspan

  • Dane van Niekerk
  • Lizelle Lee
  • Laura Wolvaardt
  • Sune Luus
  • Mignon du Preez
  • Marizanne Kapp
  • Chloe Tryon
  • Thrisha Chetty
  • Shabnim Ismail
  • Ayabonga Khaka
  • Nonkululeko Mlaba
  • Lara Goodall
  • Tazmin Brits
  • Tumi Sekhukhune
  • Masabata Klaas
  • Nondumiso Shangase
  • Sinalo Jafta
  • Nadine de Klerk


Lizelle Lee


Tazmin Brits



Masabata Klaas.