Senwes en SA kragreus praat strategie

  • 12 March 2021
  • 1960
  • nuus



So gesels Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, na afloop van ʼn strategiese gespreksessie met die man aan die stuur van Eskom, André de Ruyter. Tydens die gesprek, wat virtueel plaasgevind het, is daar onder meer gesels oor die waarde van en behoefte aan strategiese samewerking, sleutelbeginsels van goeie besigheidspraktyke en ʼn toekomsvisie vir ʼn sterker en meer stabiele Suid-Afrika.

Kragvoorsiener maak ʼn u-draai

Volgens De Ruyter kan die sistemiese afbreek van die kragvoorsiener oor etlike jare as gevolg van staatskaping vergelyk word met iemand wat ʼn meganiese horlosie met ʼn hammer stukkend slaan. Hy verduidelik dat alhoewel dié aksie geen gespesialiseerde kennis of vaardighede vereis nie, daar nie dieselfde van die herstelproses gesê kan word nie. “Vroeë tekens dui daarop dat Eskom besig is om ʼn u-draai te maak, maar dit is ʼn lang proses wat nie net tegniese toewyding en gespesialiseerde kundigheid vereis nie, maar ook ʼn sistemiese herlewing van die Eskom-kultuur veronderstel,” sê De Ruyter.

Hierdie herstelproses geskied volgens De Ruyter volgens ʼn strategiese vyfpuntplan, naamlik: bedryfsbestendigheid, ʼn verbeterde inkomstestaat, ʼn sterker balansstaat, die herstrukturering van die elektrisiteitsbesigheid en die daarstelling van ʼn hoëprestasie-kultuur. Hy het ook in meer detail gepraat oor die vooruitskouing van elektrisiteit as hulpbron vir die komende maande en uitgewy oor die maatskappy se uitdagings en geleenthede.

Beide De Ruyter en Strydom is van mening dat impakvolle sistemiese verandering van binne ʼn organisasie gedryf moet word. In hierdie opsig verteenwoordig die persoonlike verbintenis van elk lid - van watter waardeketting ook al, tot waardes soos integriteit, professionaliteit en verantwoordbaarheid, die kern van ʼn suksesvolle besigheidstrategie.

Die rol van agri-besighede as strategiese vennote

Gedurende die gesprek het Strydom, wat ook die voorsitter is van die landbousakekamer, Agbiz, aangedui dat die meer as 100 korporatiewe lede van dié sakekamer as strategiese vennote beskou moet word in die strewe na volhoubaarheid en welvaartgenerering.