Senwes Equipment reg vir winter en stroop




Senwes Equipment is jou eenstopoplossing vir al jou toerusting en boerderybenodigdhede. Daarby kan jy enige tyd op enige Senwes Equipment werkswinkelspan se knoppie druk vir uitstekende diens.

Senwes Equipment bied ’n inspeksieprogram op byna al jou plaastoerusting, asook insette en oplossings vir alles wat jy sou benodig om hierdie winter moeiteloos en sakpas in te gaan. Jou kerwer, baler, trekker, stroper en stropertafels sal alles nagegaan word in terme van hierdie program.

Wat die kuilvoerkerwers betref, het Senwes ’n program met ongeveer 300 punte waarvolgens die kerwers nagegaan word om ’n sorglose snyseisoen vir jou te verseker. Die kop, laers en lemme, invoermeganisme pitverwerker, geute en innokulantbyvoegings, asook die totale toestand van die masjien is deel van die inspeksieprogram.

Ons kan ook ’n inspeksie op jou stroper doen om proaktief seker te maak dat alles in orde is vir die stroopseisoen.

Ons kan jou daarby ook bystaan met al jou presisiebehoeftes. Onder meer die laai van kaarte, prosessering van inligting en om te verseker dat jou JD-linkstelsel reg werk en geaktiveer is om die foute wat mag opduik, betyds hok te slaan en onnodige koste te vermy.

Die Senwes Equipment werkswinkelspan is oorgehaal en reg vir die nuwe jaar en al sy uitdagings. Ons strategie is steeds om die beste diens in die totale landbousektor te lewer en om aan te hou om ons span aan te vul met die beste tegnici ten einde jou as gewaardeerde klant, na die beste van ons vermoë te diens en altyd op bystand te wees, 24 uur per dag.

Skakel gerus enige van jou Senwes Equipment werkswinkels of ons presisiehulplyn by 018 464 7550.