Senwes Grainlink daar vir elke stap van die plant-en stroopseisoen

  • 22 October 2021
  • 1220
  • nuus



Somergewasse

Op die vooraand van die plantseisoen sê Malan dat alle aanduidings is dat vanjaar ʼn goeie landboujaar gaan wees en dat die sektor optimisties is oor die plantseisoen.

Hy wens produsente alle sterkte toe vir die plantproses en voeg by dat Senwes Grainlink gereed is om produsente met raad en daad by te staan. Volgens hom is dit veral van belang dat produsente oor ʼn weldeurdagte bemarkingsplan moet beskik ten einde die meeste van die seisoen te maak.

“Die bekwame span by Senwes Grainlink kan help met die opstel van pasgemaakte bemarkingsplanne en tesame met gewaarborgde betalings en effektiewe lewering by die onderskeie silo’s, kan produsente gerus wees dat hulle belange op die hart gedra word,” verduidelik Malan.

Wintergewasse

Hierdie tyd van die jaar is ook strooptyd vir wintergewasse soos koring en gars.

Malan rig ʼn versoek aan produsente om tydens die stroopseisoen voortydig met hul silobestuurders te skakel om reëlings te tref vir die lewering van koring met ʼn hoër voginhoud. Laasgenoemde sal slegs by sekere silo’s hanteer word.

Hy noem dat produsente die stroopproses so gou as moontlik wil afhandel ten einde ander gewasse in die grond te kry en te waak teen neerslae wat die stroopproses kan beïnvloed.

* Malan bedank produsente vir hul lojale ondersteuning en gee die versekering dat Senwes Grainlink toegewei is tot die sukses van elke produsent.