Senwes seder val




Johan het in 2001 by Senwes aangesluit. In drie kontraktermyne het hy daarin geslaag om Senwes as een van die mees winsgewende landboumaatskappye in die land te omskep na ʼn intensiewe strategiese herstruktureringsprogram en omdraaiproses.

Hy het sy tydperk by Senwes op ʼn hoogtepunt afgesluit toe die maatskappy in 2009 sy grootste wins nog in sy toe 100 jarige bestaan aangeteken het.

Volgens Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, sal Johan onthou word vir die kritiese bydra wat hy tot die besigheid se sukses gemaak het, en is hy onlosmaaklik deel van Senwes se bestaan, ontwikkeling en groei. “Ons eer sy nagedagtenis en betoon ons innige medelye aan sy vrou, Rina, hul kinders en kleinkinders.” 


Johan Dique.