Skryf nou in vir SA se suiwelkampioenskap

  • 08 January 2021
  • 1765
  • nuus



Sowat 900 inskrywings word jaarliks vir dié kampioenskap ontvang, en deelnemende suiwelprodusente (wie se produkte in die handel beskikbaar is) kan vanaf Maandag, 11 Januarie 2020, aanlyn op die webwerf www.cheesesa.co.za inskryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings in Maandag, 1 Februarie 2021.

ʼn Viering van uitnemendheid

Volgens Alan Fourie, hoofbeoordelaar, is die doel van die jaarlikse kampioenskap om uitnemendheid in die suiwelbedryf te erken en te bevorder. Die kampioenskap word ook as die maatstaf gebruik waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet.

Die kampioenskap bestaan uit 10 kategorieë en meer as ʼn 100 verskillende klasse vir onder meer kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander suiwelprodukte terwyl die onderskeie wenners as nasionale kampioene bekroon word. Produkte van besonder hoë gehalte ontvang die Qualité-toekenning, wat deur die bedryf erken word as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika.

Meer as 70 beoordelaars is betrokke by die eerste rondte van die kampioenskap, en saam wys hulle ʼn onafhanklike paneel van vyf kundiges aan wat die Produk van die Jaar aanwys.

Die finale beoordeling sal op Donderdag, 25 Februarie 2021, plaasvind terwyl die toekenningsgeleentheid op Vrydag, 26 Maart 2021, in Stellenbosch gehou word.

Vir meer inligting, besoek www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by 021 4440 of cheese@agriexpo.co.za.