Tolhek hou groot risiko in vir landbou en ekonomie

  • 06 August 2021
  • 1359
  • nuus



ʼn Versoek in die verband is na die onlangse geweldpleging in dié provinsie aan die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, gerig. Volgens Kwanalu het die sluiting van die tolhek tussen Johannesburg en Durban nie net chaos vir die land se verspreidingsnetwerk veroorsaak nie, maar ook bygedra tot ernstige voedseltekorte.

Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu sê dat ʼn risiko-ontleding so gou as moontlik gedoen word. Sy glo dat so ʼn studie sal wys dat daar genoeg grondige redes bestaan om die tolhek te skuif, of dit heeltemal te sluit. “Die ligging van die tolhek is ʼn gevaar, ʼn katalisator vir onrus, ʼn sagte teiken en ʼn risiko vir enige iemand wat goedere vervoer,” meen Marque en voeg by dat die gevolge van die tolhek se sluiting vir die landboubedryf en sy waardeketting in die provinsie byna ʼn nekslag toegedien het.

Sy vertel voorts dat die sluiting die rede was dat baie melkboere hul melk moes stort omdat dit nie na die res van die land vervoer kon word nie. Dié realiteit is kommerwekkend veral as daar in ag geneem word dat 25% van die land se melk uit KwaZulu-Natal kom.

Agbiz ondersteun dié beroep

Die agribesigheidskamer, Agbiz, ondersteun Kwanalu se beroep aan die minister.

“Benewens die skuif van die tolhek moet ʼn hoë heining langs die N3 opgerig word wat deur die hele Mooirivier-munisipale gebied strek,” sê dr John Purchase, Agbiz se uitvoerende hoof.