Vul die voergaping in die koelmaande




Die gewasse kan onder besproeiing, aanvullende besproeiing of selfs droëland toestande verbou word. Indien dit onder droëland geskied is vogbewaring belangrik vir sukses. 

Groenvoere
PANNAR beskik oor twee withawerkultivars, twee korogkultivars en een stoelrogkultivar. Uit die drie soorte gewasse, hawer, korog en stoelrog, is hawer die smaaklikste vir vee. Hawer is egter ook die mees kouegevoelig, en indien wintertemperature gereeld laer as -5°C daal, behoort korog of stoelrog meer suksesvol te wees. Uit die gewasse is stoelrog die mees koueverdraagsaam, en kan dit temperature onder -15°C steeds goed verdra.

Groenvoere word verder onderverdeel in winter-, lente- en intermediêre tipes. Wintertipes het ʼn kouebehoefte (vernalisasie) voordat dit sal oorgaan na saadvorming. Lentetipes daarenteen het geen kouebehoefte om in saad te kom nie. Intermediêre tipes lê tussen winter- en lentetipes wat hul koue behoefte betref vir saadvorming. Hulle kom nooit so gou in die saad soos lente tipes nie, maar het ook nie ʼn koue behoefte nie. 

Wintertipes
PAN 299 is ‘n egte wintertipe korog met ’n baie goeie stoelvermoë. Dit gaan dus eers na die winter ophou vegetatief groei en saad vorm, ongeag wanneer hulle geplant word. PAN 299 is veral geskik vir benutting in die laatwinter- en lentemaande. Dit ontwikkel aanvanklik stadig en is na 12 tot 13 weke reg vir beweiding; ideaal in kombinasie met oesreste, om die vroeë lente tekorte aan te vul. 

Lentetipes
SOROM Stoelrog is ʼn lentetipe en het nie ‘n koue behoefte om in saad te kom nie. Dit produseer ‘n groot hoeveelheid kos in ‘n kort tydperk, ongeag wanneer dit geplant word, staak dan vegetatiewe groei en vorm saad op ‘n sekere fisiologiese ouderdom. SOROM kan in die laat herfs en selfs vroeë winter geplant word en kan feitlik enige tyd deur die herfs, winter en lente produksie lewer, deur die plantdatum te manipuleer. In rypgebiede, onder besproeiing, in die koudste tye, is daar geen ander gewas wat SOROM kan klop met produksie nie. 

MAJORIS is PANNAR se nuutste withawer kultivar en is geselekteer vir vinnige produksie, sinoniem met die van lente tipes. MAJORIS beskik ook oor uitstekende roesweerstand en produksie potesiaal.

Intermediere tipes
Al die ander PANNAR kultivars, PAN 248 en LE TUCANA, is intermediêre tipes, alhoewel sommiges daarna neig om meer lente- of meer wintertipes te wees. Hulle moet egter bestuur word as intermediêre tipes. Maak ʼn kultivarkeuse op grond van elkeen se eienskappe en kenmerke wat hulle onderskei en ideaal maak vir verskillende klimaatstoestande en stelsels.

LE TUCANA is ʼn top withawer, met uitstekende herfs- en winter produksie. Baie smaaklike hoë weidingsopbrengs en goeie koueverdraagsaamheid.

PAN 248 is ’n vinnige korog kultivar wat ideaal geskik is vir groenvoerproduksie op vlak, marginale gronde. Dit is geskik om weiding in die laatherfs- en wintermaande te voorsien. Ook geskik vir kuilvoer in die winterreënvalgebiede. 

Japannese Radys
Japannese Radys is waarskynlik die mees onderskatte voergewas in Suid-Afrika onder dié wat dit nog nooit geplant het nie. Dit is PANNAR se opinie dat geen ander gewas water en kunsmis so doeltreffend omskakel in voer soos Japannese Radys nie. Dit is ʼn sappige voer bron vir vee in die droë wintermaande. Dit is veral nuttig waar min of geen weiding onder besproeiing beskikbaar is nie. Goed aangepas vir die koeler oostelike dele en word in die herfs en winter tot in die vroeë lente benut. Dit is normaalweg nie rypgevoelig nie en benodig ongeveer 350 mm reën oor die viermaande-groeitydperk. Die droëmateriaal is hoogs verteerbaar en dit is goeie voer vir skape en beeste. Vir beeste is dit beter om die radyse uit te trek of uit te ploeg en heel te voer, maar skape bewei dit baie effektief. 

PANNAR het twee Japannese Radys kultivars beskikbaar, Endurance en NOOITGEDACHT. NOOITGEDACHT is ʼn ouer kultivar, maar is steeds in die PANNAR pakket vanwee sy goeie reputasie onder boere; en met reg so. Eerstens is ENDURANCE ʼn unieke laat blomtipe radys met sagte blare wat kwaliteit knol en blaar materiaal produseer deur die seisoen tot einde Augustus wat dus ‘n langer weitydperk lewer. In sommige gebiede kan dit produksie verleng tot in September. Dit is opsig self klaar ʼn verbetering op die varieerende prestasie van seisoen tot seisoen wat soms met NOOITGEDACHT ondervind word. Teen die lae saaidigtheid waarteen Japannese Radys geplant word, kan elke boer lag-lag die premie verhaal wat hy betaal het op ENDURANCE.

Die tyd is ryp om die 2018-seisoen se voervloei verwante keuses te maak. Maak nou die regte keuse om u kudde se prestasie te verbeter met kwaliteit voer wat geproduseer is met kwaliteit saad!