Agri SA wens Senwes geluk met 110 jaar




Agri SA se Hoof Uitvoerende Beampte, Omri van Zyl en Agri SA President, Dan Kriek het die toekenning tydens hulle jaarlikse kongres op 10 Oktober 2019 aan Danie Minnaar, Voorsitter van die Senwes Direksie, oorhandig.

Die sertifikaat was ter erkenning van Senwes se 110 jaar van voortreflike diens aan die landbousektor asook volgehoue ondersteuning van die georganiseerde landbou.

Dit as ‘n toonaangewende landboubesigheid waar nuwe grond in belang van die produsent gebreek word.

Senwes het die 110-jarige bestaan op 15 Mei 2019 tydens Nampo Oesfees gevier, presies 110 jaar nadat ’n groep van 24 boere op 15 Mei 1909 vergader het om die idee van ’n koöperasiestigting in die destydse Wes-Transvaal te bespreek waar ’n voorlopige stigtingsooreenkoms opgestel is. Dit was onbewustelik die begin van die totstandkoming van hierdie groot maatskappy en so was dit bekragtig deur die amptelike vergadering tydens ’n groter byeenkoms by die Effektebeurs in Klerksdorp. Só was die De Centraal Westelijke Co-operatieve Landbouw Vereniging gestig, wat vandag Senwes heet.

Baie geluk Senwes!