Nuwe Mielieprodukte van PIONEER® - vir die Westelike Produksiegebied




Daar is ook ‘n magdom alternatiewe op verskillende insette waarvan kultivar (tipe genetika) maar een van die bepalende rolspelers tot suksesvolle graanproduksie is.

Dit is op hierdie punt dat boere moet kan staatmaak op ‘n betroubare span vir ondersteuning vanaf plant tot stroop. PIONEER® bring jou hierdie span. Dit begin by jou agent, verkoopsverteenwoordiger en areabestuurder wat die produk tot by die voorstoep bring. Hulle word ondersteun deur ‘n bekwame landboukundige span wat nuwe produkte ontwikkel, en plaas sodat die grootste genetiese potensiaal vir elke kultivar bereik word. Dit is die strewe van hierdie span om leierprodukte, insig tot gewasbestuur en plasing van die regte produk op die regte hektaar na te volg. Dit lei tot beter resultate vir die produsent met die doel om produktiwiteit en winsgewendheid te verbeter. 

Die sogenaamde PIONEER® IMPACT kultivar toetsprogram word die komende seisoen vir die derde keer in die Westelike Produsiegebiede toegepas. Dit is ‘n kragtige proses waartydens nuwe genetika vinniger in die pyplyn ontwikkel word oor aansienlik meer lokaliteite. Evaluasie in terme van opbrengs en agronomiese eienskappe is meer akkuraat en betroubaar as ooit tevore.

Dit is juis uit hierdie program dat PIONEER® drie witmielieprodukte, en een geelmielieproduk wil bekendstel:

Witmielies: P2864WYR, P2880WYR en P3058WY
Geelmielies: P2319B


Tabel 1: Agronomiese Inligting: Nuwe Produkte (Rooi = Gevaar, Geel = Aanvaarbaar, Groen = Sterkpunt

PIONEER® het strookproewe gedoen waar kultivars relatief tot ou genetika vergelyk is ten opsigte van persentasie opbrengsvoordeel vordering. Die uitkoms toon dat P2842W oor 33 vergelykings (lokaliteite) 15.97% beter presteer as die ouer produkte  soos P2653WYR. P2864WYR en P2880WYR presteer onderskeidelik 15.36% (42 vergelykings) en 10.37% (31 vergelykings) beter as P2653WYR. Dit dui op merkwaardige vordering van 10 tot 15 % in terme van opbrengsvoordeel.

Soortgelyke resultate word gesien in die kleinperseel PIONEER® IMPACT proewe wat merkwaardige opbrengsvordering relatief tot ou genetika P2653WYR toon. Let veral op die prestasie van ‘n splinternuwe produk P3958WY wat benewens top kultivars soos P2842W en P2864WYR in lyn met konkurente opbrengsverbetering van 12.38 oor 47 vergelykings toon.

Wat die nuwe geel kultivar aanbetref, is daar ‘n 4.35 % opbrengsvoordeel gemeet oor 7 vergelykings relatief tot P2432R in die Westelike Produsiegebied. Dit is ‘n kultivar wat beindruk met meerkoppigheid en veral die gelykvormige ontwikkeling van die tweede kop. Benewens die opbrengsvordering is hierdie produk beskikbaar met die VTP geen wat baie voordelig is indien toprusper druk hoog is.

PIONEER® spog dus met nuwe produkte vir die Droëland Westelike Produksiegebied wat met vertroue geplant kan word. Dit is kultivars wat goeie kompensasievermoë toon in terme van meerkoppigheid, skepelgewig en selfs produktiewe spruitvorming. Dit voldoen aan goeie agronomiese eienskappe soos staanvermoë en stabiliteit. Die versekering word verskaf vir resultate in die groot hoeveelheid lokaliteite met uiteenlopende omgewingstoestande waaronder toetsings plaasvind.