Senwes neem deel aan nasionale week van rou

  • 27 November 2020
  • 1939
  • news



So sê van die uitvoerende bestuurskorps van die Senwes Groep van maatskappye op die aanvang van die nasionale week van rou, wat deur President Cyril Ramaphosa en sy kabinet ingestel is. Dié nasionale week van rou sal vanaf 25 tot 29 November 2020 gehandhaaf word.

ʼn Tyd om na te dink en te besin

Alf White, groepsbestuurder: Inligtingstegnologie, verduidelik dat die jaar 2020 in die geskiedenisboeke as ʼn “monumentale verwysingsjaar” bekend sal staan. Hy verduidelik voorts dat die wêreld, soos ons dit ken, nie net verander het nie, maar dat waardes soos selfmotivering, innovasie, verantwoordbaarheid en integriteit ook op die toets gestel is.

“As ons terugkyk en besin oor dié jaar, is dit egter verblywend om te sien dat ons daarin kon slaag om veerkragtig op die vele uitdagings te reageer. Hierdie veerkragtigheid is ook in ons besigheidspraktyke te sien, en het die groep in staat gestel om nie net besigheidskontinuïteit te verseker nie, maar ook groei aan te teken.”

Oor die groep se deelname aan die nasionale week van rou, sê Alf dat niemand onaangeraak staan deur die gevolge van die koronaviruspandemie en geslagsgeweld nie, en dat dié tyd gebruik moet word om in samehorigheid eerbied aan slagoffers te toon en uit te reik na kwesbare gemeenskappe. In ʼn gees van diepe dankbaarheid en medemenslikheid moet elke Suid-Afrikaner voorts besin oor die rol wat hy/sy kan speel om ʼn verskil te bewerkstellig.


* Alle Suid-Afrikaners word aangemoedig om gedurende dié vyf dae te verenig en simbolies uiting te gee aan die rouproses deur die dra van klere en insignia eie aan die onderskeie kulture, tradisies en godsdienstige oortuigings. Die nasionale vlag sal ook in hierdie tyd halfmas wapper.